Soorte resepte:

Resep: Koolslaai met romerige sous

Foto ter illustrasie. (Foto: Wow_Pho/Pixabay)

Geniet hierdie koolslaai as bykos of as heerlike kosblikgereg.

Lewer 8 porsies.

Bestanddele

Koolslaai

  • 3 x 250 ml fyngesnyde groenkool, harde dele verwyder
  • 2 x 250 ml fyngesnyde rooikool, harde dele verwyder
  • 2 middelslag Granny Smith-appels, gerasper
  • 3 middelslag wortels, gerasper
  • 15 ml fyngesnyde grasuie
  • 15 ml gesnyde vars pietersielie
  • 15 ml gesnyde vars koljander
  • 30 ml rosyne
  • 60 ml gerasperde kaas met skerp geur (of in dun repies gesny)
  • 30 ml gemengde sade (sonneblom, pampoen, sesam)
  • 5 ml sesam-, kanola- of druiwepitolie

Slaaisous

  • 250 ml gladde laevetmaaskaas
  • 60 ml ongegeurde jogurt
  • 15 ml olyfolie, koud gepars
  • 30 ml suurlemoensap
  • 2,5 ml sout
  • 1,25 ml swart- of reënboogpeper

Metode

  1. Meng al die slaaibestanddele, behalwe die sade en olie, in ‘n groot slaaibak. Bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas.
  2. Rooster die sade 10 minute op 200 °C saam met die olie.
  3. Slaaisous: Klop die bestanddele vir die slaaisous saam en meng met die slaai. Sprinkel die geroosterde sade net voor opdiening bo-oor.

Bron: Gesonde kosblikke
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

bolletjie blom ·

Is reënboog peper daardie gekleurde peperkorrels in die botteltjie?

Liza Joubert ·

Dagsê
Dit is inderdaad die gekleurde peperkorrels. Dit wissel van wit, pienk, swart en groen korrels.
Dankie! Groetnis
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.