Soorte resepte:

Resep: Mieliepap-en-cheddar-koekies met doopsous

Mieliepap-en-cheddar-koekies met doopsous. (Foto: Lapa Uitgewers)

Verras jou vriende met hierdie geurige mieliepapkoekies by jou volgende braaikuier.

Lewer ongeveer 20 koekies.

Bestanddele

Mieliepap

  • 750 ml water
  • 5 ml sout
  • 375 ml mieliemeel
  • 15 ml botter

Koekies

  • 250 ml gaar mieliepap, nie te droog nie en ook nie te klam nie
  • 125 ml koekmeel
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • ’n knippie rooipeper sout na smaak
  • olie vir braai

Doopsous

  • 1 blik Chakalaka-sous van jou keuse
  • jogurt

Metode

  1. Om mieliepap te maak, verhit 500 ml van die water tot kookpunt en voeg die sout by. Meng die oorblywende 250 ml water met die mieliemeel en roer by die kookwater. Verlaag die hitte en prut vir 20 minute. Roer af en toe. Roer die botter deur en sit voor of laat afkoel om die koekies mee te maak.
  2. Meng die mieliepap, meel, kaas, bakpoeier en eiers saam. Voeg die rooipeper by en geur na smaak.
  3. Verhit die olie en braai teelepelsvol van die mengsel tot ligbruin en deurgaar. Dreineer om kombuispapier.
  4. Berei die doopsous deur die jogurt en chakalaka te meng en dan te verkoel.
  5. Sit die mieliepapkoekies saam met die doopsous voor.

Bron: Koskas kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.