Soorte resepte:

Resep: Mielies-en-spekvleis in foelie

Mielies-en-spekvleis in foelie. (Foto: Braaigeregte/Lapa Uitgewers)

Moedersdag is om die draai. Pa’s en kinders kan gerus hierdie resep nader hark wanneer hulle ma wil bederf.

Lewer 4-6 porsies.

Bestanddele

  • 4 mielies, in sirkels gesny
  • 100 ml botter of margarien
  • 3 knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • 20 ml Marmite-smeer
  • 4 repies ontbytspek, gekap en gebraai
  • 5 ml vars of droë orego

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C.
  2. Plaas 4 mieliesirkels op ‘n stukkie foelie.
  3. Meng smeer, knoffel, Marmite, spek en orego en verdeel mengsel tussen die mielies.
  4. Draai toe in die foelie en bak 20-30 minute lank in die oond of op die kole tot mielies sag is.

Bron: Braaigeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nici ·

Alluminium warm gemaak is baie ongesond. Oormaat daarvan in die brein van mense met dementia. Weet nie hoekom dit nog by die kosafdelings verkoop word nie. Dis verbied in ons huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.