Qin Gang, China se minister van buitelandse sake sê Chinese en Russiese maatskappye geniet ʼn “normale uitruil- en samewerkingverhouding” wat dus “nie behoort geraak te word” deur sanksies nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Mei 2023
DA eis antwoorde oor Russiese skip, vliegtuig in SA
“Die probleem is dat die betrokke Russiese vliegtuig en skip tans onder sanksies is, wat Suid-Afrika moontlik aan die risiko van internasionale isolasie en ekonomiese uitsluiting kan blootstel.”
Denemarke gaan Tshwane met waterprobleme help
“Hierdie vennootskap is in effek ʼn geleentheid vir die stad om beste praktyke in watersekerheid en -bestuur van die Deense regering te leer.”
ToekomsVenster: Nederigheid is aansteeklik
Gelowiges beywer hulle vir die applous van die hemel eerder as van die aarde.
Gewelddadige paring eis SA-jagluiperd in Indië
Dié jagluiperd is die tweede een uit Suid-Afrika wat in Indië gevrek het nadat 12 van hulle vroeër vanjaar in dié land hervestig is.
Jare lange tronkstraf vir man wat geld by tolhekke steel
Thankiso Joseph Motaung (30) het sewe jaar vantevore dié misdrywe gepleeg, maar is eindelik Maandag in die Leslie-streekshof skuldig bevind en gevonnis.
Kyk: ‘Tronk toe’ hoor mans ná Benoni-nagklubmoord
“Die drie beskuldigdes is dalk almal eerste oortreders wat polisierekords betref, maar die bewyse toon dat hulle ʼn geskiedenis van geweld het,” het landdros Ian Cox tydens vonnisoplegging gesê.
Planne bekendgemaak vir Afrikaans se eeufeesjaar
“Afrikaans het as kombuistaal begin en eindelik tot ʼn universiteitstaal met hoër funksies gevorder, wat op sigself ʼn merkwaardige mylpaal is.”
Kry die komberse; Kaap gaan binnekort bibber
“Dagtemperature sal na verwagting oor die suidelike helfte van die land daal en winterweer kan verwag word.”
Miljoene vir infrastruktuur in KZN nie bestee
Hierdie toelae is juis vir die ontwikkeling van noodsaaklike infrastruktuur aan munisipaliteite toegewys, maar word teen ʼn slakkepas bestee.
Gʼn rede tot kommer oor wysigings aan skoolkalender
Indien dit goedgekeur word, sal skole onder meer al in die eerste week van Desember sluit.
Beurtkrag-uitspraak: ‘Prakties onmoontlik’ om al dié ligte aan te hou
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê om hierdie uitspraak te laat realiseer ʼn duur proses sal wees wat dalk daartoe kan lei dat ander gebiede strenger beurtkrag kry om voorsiening te maak vir die bykomende kragtoevoer na basiese dienste.
Raadslid bly agter tralies oor beweerde statutêre verkragting
Die man is aangekeer nadat video’s van die beweerde dade op sosialemediaplatforms aangestuur is.
Pampoenkraal: Staat sê beskuldigdes had ‘gemeenskaplike doel’
’n Groep familielede en vriende van die Coka-broers het Dinsdag die hofsaak bygewoon en het T-hemde aangehad waarop die broers se name en foto’s van hul gesigte gedruk is.
Lucknow kan nie langer van Quinny vergeet
Quinton de Kock het die afgelope naweek uiteindelik speelkans vir die Lucknow Super Giants gekry en hy het onmiddellik sy teenwoordigheid laat geld.
SAOU op soek na nuwe uitvoerende beampte
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) is op soek na ʼn uitvoerende beampte.
Tiener sterf ná rooftog by Limpopo-sentrum
“Die sekuriteitswagte het teruggevuur en ʼn skietgeveg tussen die twee partye het ontstaan,” sê Ledwaba.
Kies só die beste troeteldiersjampoe
Jy mag dalk jou rusbank, agterplaas en leefruimte met jou troeteldier deel, maar daar is iets wat jy nooit met hulle moet deel nie, en dit is jou sjampoe.
Vermeende renosterstroper wéér vas
Maluleke is in 2015 vir die eerste keer aangekeer, maar het sedertdien spoorloos verdwyn nadat borgtog aan hom toegestaan is.
Appèl teen beurtkrag-uitspraak ‘verraai’ SA’ners
“Eerder as om dag en nag te werk om aan ons skole, hospitale en polisiekantore ononderbroke kragtoevoer te gee, gaan min. Pravin Gordhan miljoene rande in openbare geld aan regskoste bestee om die ligte af te hou.”