Kies só die beste troeteldiersjampoe

Wees kieskeurig oor die produkte wat jy op jou vierpotige gebruik. (Foto: Verskaf)

Jy mag dalk jou rusbank, agterplaas en leefruimte met jou troeteldier deel, maar daar is iets wat jy nooit met hulle moet deel nie, en dit is jou sjampoe.

Met al die moontlikhede op winkelrakke deesdae, kan dit oorweldigend wees om die regte produk vir jou troeteldier te koop.

Daarom het die veeartsspan by Bob Martin ‘n paar wenke saamgestel oor hoe om die beste sjampoe vir jou harige huismaat te kies.

Wenke oor honde- en katsjampoe

Honde en katte het hul eie sjampoe nodig wat spesifiek vir hulle gemaak is, en die vanselfsprekende rede volgens die Bob Martin-span is dat hulle met ʼn pels bedek is en ons nie.

Menslike sjampoe is ontwikkel om die suur in ons vel se pH-balans te behou, terwyl troeteldiersjampoe ontwerp is om die teenoorgestelde te doen en hul vel pH-neutraal te hou. Menslike hare en velsorgprodukte kan dus ‘n wanbalans in die pH-vlakke van honde se vel veroorsaak wat tot infeksies kan lei.

Jou luukse haarversorging- en lyfwasprodukte kan jou eie hare en vel skoon en bevogtig laat voel, maar dit kan jou troeteldier se vel uitdroog of irriteer.

(Foto: Artem Beliaikin/Unsplash)

Dieselfde geld vir babaprodukte. Hoewel die pH-balans beter is, is die bestanddele nie noodwendig gepas vir die troeteldier se pels nie.

Troeteldiere hoef oor die algemeen nie meer as een keer per maand gebad te word nie (tensy daar natuurlik ‘n modderige voorval was), aangesien te veel wasse hul pels van natuurlike olies sal stroop. Hierdie olies is belangrik aangesien dit hul vel beskerm en hul pels in ‘n gesonde toestand hou.

Sjampoe vir honde en katte is ontwerp om nie geharde bestanddele of chemikalieë te bevat nie, en die Bob Martin-span meen daar is baie bekostigbare produkte beskikbaar.

Let op die volgende wanneer jy troeteldiersjampoe koop

  1. Sagte middels met bestanddele wat seepvry, hipoallergenies en bevogtigend is.
  2. Produkte met ʼn pH-waarde (tussen 6,5 tot 7,5) wat spesiaal vir ’n hond se delikate vel gemaak word. ‘n Troeteldier se PH is ongeveer 7,5, en ‘n mens se vel sʼn is ongeveer 5,5.
  3. Kies iets wat maklik is om af te spoel en nie ‘n olierige of onaangename oorblyfsel op jou troeteldier se pels sal laat nie.
  4. Kies ’n sjampoe wat by jou troeteldier se ouderdom pas, aangesien volwasse honde meer gereeld gewas moet word.
  5. Troeteldiereienaars wat nie hul vierpotige wil bad of lank genoeg in die bad kan hou om hulle af te spoel nie, kan Bob Martin Rinse Free Shampoo as ʼn alternatief gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.