Soorte resepte:

Resep: Mini-groente-frittatas

Mini-groente-frittatas. (Foto: Lapa Uitgewers)

Jou ontbyt hoef glad nie vervelig te wees nie.

Lewer 8 porsies.

Bestanddele

  • 15 ml kanolaolie
  • 1 prei, gekap
  • 125 g knopiesampioene, in skyfies gesny
  • 30 ml songedroogde tamaties, fyn gekap
  • 40 g babaspinasieblare, grofgekap
  • 5 eiers
  • 125 ml laevetmaaskaas
  • 2,5 ml sout en varsgemaalde swartpeper
  • ʼn knippie neutmuskaat

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ʼn silikoon muffinpan met kleefwerende kossproei.
  2. Verhit die olie in ʼn pan en braai die prei en sampioene tot sag.
  3. Meng die gebraaide mengsel met die songedroogde tamaties en spinasieblare en verdeel tussen die muffinholtes.
  4. Klits die eiers, maaskaas, sout en swartpeper asook neutmuskaat saam en giet oor die groente.
  5. Bak 30 minute tot bruin.
  6. Laat effens afkoel en verwyder uit die muffinpan.

Bron: Slim laekoolhidraat-geregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miena ·

Uhmm net n vraag aan MM – hoeveel eiers asb? Die resep se bestanddele lys noem dit nie… tensy ek bo-oor dit lees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.