Soorte resepte:

Resep: Mini-pizza

Mini-pizza. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bederf jou gesin met hierdie heerlike mini-pizzas vir aandete.

Lewer sowat 24 pizzas.

Bestanddele

Kors

  • 750 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 250 ml melk
  • 100ml olie
  • 60 ml tamatiesous
  • 45 ml warm water
  • 45 ml olie

Hawaise bolaag

  • 250 g mozzarellakaas, gerasper
  • 8 snye ham, gekap
  • 1 x 440 g (een blik) pynappelstukke, gedreineer
  • sout, varsgemaalde peper en knoffel na smaak

Metode

  1. Meng die koekmeel en bakpoeier in ‘n mengbak en voeg die melk en olie by. Meng tot ‘n sagte deeg. Die deeg moet dieselfde tekstuur as brooddeeg hê. As die mengsel te droog is, kan ‘n bietjie ekstra olie en melk bygevoeg word tot die deeg hanteerbaar is.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n bakplaat.
  3. Rol die deeg (so dun soos verkies) uit op ‘n werkoppervlak wat liggies met meel bestrooi is, en sny sirkels van ongeveer 5-10 cm in deursnee uit. Rangskik die sirkels op die voorbereide bakplaat.
  4. Meng die tamatiesous, water en olie, en smeer dit egalig oor die pizzabasisse.
  5. Strooi die gekapte ham, speserye en pynappelstukke oor die deeg en bedek met die gerasperde mozzarellakaas.
  6. Bak 10 tot 15 minute of tot goudbruin aan die onderkant. Sit dadelik voor.

Bron: Kosblikkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nommer 7 ·

Ek sou nog mildelik “Italian herbs” byvoeg, vir daardie egte pizza smaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.