Soorte resepte:

Resep: Pekelvis

Pekelvis. (Foto: Lapa Uitgewer)

Kikker jou spyskaart met hierdie pekelvis op.

Bestanddele

  • 1 kg snoek, in porsies gesny (of enige ander ferm vis)
  • Sout en peper na smaak
  • Olie om vlak te braai
  • 2 groot uie, in skywe gesny
  • 5 knoffelhuisies, in skyfies gesny
  • 120 ml wit asyn
  • 125 ml water
  • 10 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn komyn
  • 15 ml masala
  • 5 ml borrie
  • 2 lourierblare
  • 4 wonderpeperkorrels
  • 4 heel kruienaeltjies
  • 2 ml heel peperkorrels
  • Suiker na smaak

Metode

  1. Geur die vis met sout en peper na smaak en hou eenkant.
  2. Verhit die olie in ‘n pan, en braai die visporsies daarin tot gaar. Verwyder uit die pan en hou eenkant.
  3. Meng die res van die bestanddele, behalwe die suiker, in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt. Verminder die hitte en prut liggies tot die uie deurskynend, maar nog steeds krakerig is.
  4. Voeg ongeveer 30 ml van die olie waarin die vis gebraai is en suiker na smaak by die sous. Giet die sous oor die vis. Maak seker dat al die vis deur die sous bedek word.
  5. Laat die pekelvis vir ten minste 24 uur op ‘n koel plek rus.
  6. Bedien op slaaiblare en gebruik die sous as ‘n vinaigrette.

Nota: Indien jy die sous ‘n bietjie wil verdik, kan jy 15 ml mielieblom met ‘n bietjie water meng en dit deur die sous roer.

Bron: ’n Lewe met kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.