Soorte resepte:

Resep: Pikante hoender-en-lensiesop

Pikante hoender-en-lensiesop. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Heerlike beker sop is nie te versmaai in hierdie winterkoue nie.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 375 ml rooi lensies
  • 15 ml kanola-olie
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 2 selderystingels, gekap
  • 1 wortel, gekap
  • 2-3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 heel hoender, in porsies gesny
  • 10 ml fyn komyn
  • 2,5 ml rooipeper
  • 1 ℓ hoenderaftreksel
  • 1 ℓ water
  • 2 x 410 g-blikkies gekapte tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Spoel die lensies onder koue Iopende water af en hou eenkant.
  2. Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die ui, seldery, wortel en knoffel liggies vir 5 minute of tot die groente effens sagter word.
  3. Voeg die hoender, komyn en rooipeper by. Braai die hoenderporsies vir 5-7 minute of tot die hoendervleis begin verbruin.
  4. Voeg die aftreksel, water en tamaties by. Verlaag die hitte en laat die sop liggies kook vir 15-20 minute of tot die hoender gaar is.
  5. Skep die hoenderporsies uit en voeg die lensies by die sop. Laat dit vir 15-20 minute kook of tot die lensies gaar is.
  6. Sny die hoendervleis in klein stukkies en skep dit terug by die sop.
  7. Laat die sop vir nog 5 minute liggies prut, geur na smaak en bedien saam met vars broodrolletjies.

Bron: 50 Hoendergeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.