Soorte resepte:

Resep: ‘Tiaan Proe’ se hoenderlewerpatee

‘Tiaan Proe’ se hoenderlewerpatee. (Foto: verskaf)

Tiaan Proe se heerlike hoenderlewerpatee sal help om die winterkoue af te weer.

Bestanddele

  • 1 mediumgrootte ui, gekap
  • 100 g botter
  • 300 g hoenderlewertjies
  • 50 ml jenewer of brandewyn
  • 3 takkies tiemie of roosmaryn
  • sout en peper na smaak
  • 250 ml room
  • ekstra 100 g botter
  • kruie van jou keuse

Metode

  1. Braai die ui in die botter met bietjie olie, gooi die kruie by en braai. Voeg nou die lewertjies by en braai vinnig.
  2. Nou is dit tyd vir die vlamme. Gooi die jenewer of brandewyn by en flambé. Geur met sout en peper. Gooi die room by en kook af; verwerk nou tot glad.
  3. Gooi in houer.
  4. Smelt ekstra botter en braai die kruie in die botter. Giet dit bo-oor die lewertjies en sit in die yskas om te stol.
  • Vir meer resepte kyk na Tiaan Proe elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.