Soorte resepte:

Resep-video: Ouma se tamatiesous

Ouma se tamatiesous. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Daar is geen sous lekkerder as ouma se tamatiesous saam met mieliepap en braaivleis nie.

Hierdie heerlike sous kan vir sowat twee weke in die yskas gebêre word en kan vir langer gevries word.

Bestanddele

  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 eetlepels botter
  • 1 blikkie (410 g) tamatie-en-uie
  • 2 e bruinsuiker
  • 2 t Dijon-mosterd
  • 1 t sout
  • ½ k witwynasyn
  • ½ k water
  • ¼ k worcestersous

Metode

  1. Braai die uie en knoffel oor ʼn lae hitte in die botter tot sag en deurskynend.
  2. Voeg die res van die bestanddele daarby en laat dit vir 10 minute prut tot effens verdik. Nota: As die sous bietjie suur is na jou smaak kan jy ekstra suiker byvoeg.
  3. Sit die sous warm voor saam met heerlike mieliepap of boerewors.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

My ouma het nie blikkie tamaties gebruik nie, maar wel vars tamaties! Ek is bevoorreg en as tamaties begin pap word, dan vrie ek dit en maak daarmee my tamatie en uie sous.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.