Soorte resepte:

Resep-video: Spekpasta

Spekpasta. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

‘n Warm pastagereg is altyd heerlik vir aandete, veral ná ʼn yskoue wintersdag. Die resep is perfek vir ‘n gemaklike ete saam met familie en vriende en sal gou-gou ‘n gunstelinggereg in die huis word.

Bestanddele

  • 300 g penne pasta
  • 300 ml vars room
  • 100 g songedroogde tamaties, in stukkies gesny
  • 150 g spek, in stukkies gesny
  • 40 parmesaankaas, gerasper
  • 1 e botter
  • 1 t knoffel
  • ʼn handvol vars basiliekruidblare, fyngesny
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Maak die pasta gaar in ʼn pot vol kookwater.
  2. Dreineer die pasta en hou sowat 1 koppie van die water eenkant om later weer te gebruik.
  3. Braai intussen die spek in ʼn groot pan oor matige hitte.
  4. Gooi die knoffel en songedroogde tamaties by die spek en braai dit vir ʼn rukkie tot die botter gesmelt het.
  5. Gooi die room by en laat dit prut vir sowat 5 minute oor lae hitte totdat dit ʼn dikkerige sous vorm.
  6. Gooi nou die parmesaankaas, basiliekruid, sout en peper by en meng alles goed.
  7. Gooi nou die pasta by sowel as ʼn bietjie van die pasta se water wat jy eenkant gehou het.
  8. Meng dit goed. Indien jy die sous meer loperig wil hê, kan jy meer van die water byvoeg soos wat jy dit meng terwyl dit verder in die pan braai.
  9. Bedien warm, net so of saam met ʼn vars slaai.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.