Soorte resepte:

Resep-video: Ontbytbroodjies

Ontbytbroodjies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Of jy nou op soek is na ’n vinnige en maklike ontbyt, broodjies vir die langpad of ’n broodjie om in te pak werk toe, hierdie resep is die een vir jou.

Bestanddele

  • 10 eiers
  • ½ k melk
  • sout en peper, na smaak
  • vars kruie van jou keuse, gesnipper
  • 6 hamburger-broodrolletjies
  • 1 k mozzarellakaas, gerasper
  • 6 rond gesnyde repe spek, gaar

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei.
  3. Klits die eier, melk, kruie en sout en peper in die bakplaat bymekaar.
  4. Bak die eiermengsel in die warm oond vir ongeveer 40 minute of tot gaar.
  5. Sny die broodrolletjies in die helfte oop en plaas die onderkante op ʼn bakplaat.
  6. Sprinkel elke broodrolletjie met ʼn bietjie van die kaas.
  7. Plaas ʼn snytjie spek op elke broodrolletjie.
  8. Haal nou die eier uit die oond en sny dit in ses blokke.
  9. Plaas ʼn blok van die gebakte eier op elke broodrolletjie en sprinkel dit met kaas.
  10. Sit die bo-kant van elke broodrolletjie op en bak dit vir 5 minute in die oond totdat die kaas smelt.
  11. Laat dit afkoel en draai dit dan in bakpapier toe.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.