Soorte resepte:

Resep-video: Oondgeroosterde groente

Oondgeroosterde groente. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie kleurvolle en gesonde bykos kan saam met ʼn stukkie hoender geniet word en kan selfs ingepak word om by die werk te nuttig.

Bestanddele

  • 2 soetrissies (rooi en geel werk goed) opgesny in klein blokkies
  • 350 g wortels, geskil en kleiner gesny
  • 5 baba-murgpampoentjies, in wieletjies gesny
  • 1 broccoli-kop, in kleiner stukkies gesny
  • 500 g botterskorsie, kleiner gesny
  • ½ rooi ui, geskil en opgesny
  • 200 g sampioene, kleiner gesny
  • 2 e olyfolie
  • 1 ½ t Italiaanse speserye
  • 2-3 knoffelhuisies, gemaal
  • sout en peper, na smaak
  • 1 k kersietamaties
  • 1 e vars suurlemoensap
  • 2 wiele fetakaas, gekrummel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei.
  2. Gooi die soetrissie, wortels, murgpampoentjies, broccoli, botterskorsie, sampioene en ui op die bakplaat en versprei oor die bodem.
  3. Meng die olyfolie, speserye, knoffel, sout en peper goed en sprinkel dit bo-oor die groente.
  4. Meng alles goed sodat al die groente bedek is met die oliemengsel. Gooi ekstra olie oor indien nodig.
  5. Bedek die oondbak met foelie, en sit in die warm oond.
  6. Bak dit vir sowat 30 minute.
  7. Haal die bak uit die oond en gooi die tamaties by, meng weer goed.
  8. Bak dit verder vir 30 minute sonder die foelie, loer gereeld dat die boonste laag groente nie brand nie, en meng dit gereeld sodat al die groente ʼn kans kry om bo-op te rooster.
  9. Haal dit uit die oond en sprinkel ʼn bietjie suurlemoensap en gekrummelde fetakaas bo-oor.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.