Soorte resepte:

Resep: Vingeraflek-hoenderskottel

Vingeraflek-hoenderskottel. (Foto: Lapa Uitgewers)

Jy sal jou vingers aflek ná hierdie heerlike hoendergereg.

Lewer 4–6 porsies.

Bestanddele

Sous

  • 1 x 60 g-pakkie bruin uiesoppoeier
  • 125 ml mayonnaise
  • 60 ml appelkooskonfyt
  • 60 ml blatjang of bykomende appelkooskonfyt
  • 500 ml water, of helfte melk en helfte water

Hoender

  • 1 x 1,5 kg hoender, in netjiese porsies gesny

of

  • ± 1 kg eenvormige, netjies gesnyde hoenderporsies, soos dye en/of boudjies
  • sout om te strooi

Metode

  1. Plaas al die sousbestanddele in ‘n beker en klop goed tot vermeng.
  2. Voorverhit oond tot 160 °C.
  3. Sny die hoenderporsies netjies en verwyder alle sigbare vet en oortollige vel. Strooi sout baie liggies oor die hoender en rangskik in ‘n enkellaag in ‘n vuurvaste oondskottel.
  4. Giet die sous oor die porsies, bedek en bak ongeveer 2 uur lank of totdat die vleis sag en mooi verbruin is en die sous verdik het. Sit met rys en groente of aartappels in enige vorm, en slaai voor.

Bron: Sakpasgeregte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.