Soorte resepte:

SA’ners kwaad oor skyfies van mark af gehaal is

Lay’s Suid-Afrika het onlangs aangekondig dat hul gewilde sout-en-asyn-geur aartappelskyfies van die mark afgehaal is en dat dit nie meer in winkels beskikbaar sal wees nie.

Lay’s het dié nuus op Twitter aangekondig en sedertdien het aanhangers van dié peuselhappies hul misnoeë oor dié besluit uitgespreek.

“Dink asseblief weer oor die sout-en-asyn-besluit. Dit was die enigste geur!” het een aanhanger geskryf.

“Ek is uiters teleurgesteld in jul besluit om die sout-en-asyn-geur te staak. Dit was duidelik nié ʼn besluit wat jul verbruikers in ag geneem het nie,” het ʼn ander kwaai Twitter-gebruiker gesê.

Talle ander aanhangers van dié geur het laat hoor dat hulle nie meer Lay’s-skyfies sal koop nie omdat sout-en-asyn hul gunstelinggeur was.

Sedert Lay’s se aankondiging het talle aanlyn winkels die prys van die sout-en-asyn-skyfies aansienlik verhoog en na belaglike pryse opgeskuif. Van die winkels verkoop nou self ʼn pak Lay’s sout-en-asyn-skyfies vir soveel as R400 elk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sarah ·

kyk, so baie soos wat ek van dit hou, sal ek not a ticky R400.00 betaal vir die chips nie. Nee wat sal dan nou maar net aanbeweeg na ‘n ander brand tot ek ry wat ek van hou.

charmaine ·

Dit was oor die algemeen skaars ek vrek ook sout en asyn chips…chips oor die algemeen!!

Sylvia ·

Lay’s se Sout en Asyn was om een of ander rede baie skaar op die winkels se rakke gewees. Miskien as dit meer beskikbaar was, sou mense dit meer gekoop het. Ek koop nou maar Simba se Sout en Asyn as ons lus is vir ‘n Chippie.

koos10 ·

Nee wat, popcorn met sout en asyn geursel bly maar die baas. Ek het al agter gekom dat veral sout en asyn chips al hoe minder sout en (daai kiewe trek) asyn proe.
Ek moet saam stem dat die Lays baie lekker is, maar daar is alternatiewe. Maar hou nou dop, oor 6 maande is dit terug op die mark (By popular demand) teen ‘n aansienlike prys verhoging

Porseleintjie ·

Ja Koos dalk staan Lays op die rantjie van bankrotskap.

Anel ·

Dit is maar soos alles wat ons van hou. Hulle besluit namens ons. Onthou julle Chambelains vir maagkrampe? My ouma het dit al as kind in gekry. Ek het daarmee groot geword,en so my kinders. Maar ons regering het besluit die alkholvlak is te hoog en die maak daarvan gestaak. Daar was niks beter vir maagkrampe nie, en daar sal ook nie weer wees nie. Dieselfde met baie ander goed en net so nou met hierdie skyfies. Dit eintlik maar op komunisme neer. Jy sal doen, eet wat ookal “ons” vir jou sê en nie wat jy wil nie.

Porseleintjie ·

Waarom iets staak wat werk? Selfs common sense word al minder. Dis die enigste geur wat ek eet.

VanAfrika ·

Ek hou gewoonlik van die soutlose lays, die geel pak, nou en dan sou ek sout en asyn koop, maar ek is deesdae op Pringles se Sour Cream en dan nou en dan die sout en asyn. Dis nie veel duurder as lays meer nie, so ek spandeer maar die paar send ekstra en ek is tevrede, maar R400 betaal vir n pak chips, “not de tikkie” Sit my skoon van die smaak af.

Wielspore ·

Dit is van te veel sout en asyn skyfies dat ek die skaal tot net bokant 100 kg laat kners… Wil mos nie luister, daardie peusel happie laat in die aande… mmmm lekker.
Lays se skyfies proe net anders, tekstuur is ook anders, een van die beter soorte skyfies.

Hannelie ·

As kind was ‘n pakkie sout en asyn chips saam ‘n blikkie Coke…koningskos. My gunsteling by verre

Smurf ·

Dit is soos al die lekker dinge van die lewe….geniet dit terwyl dit daar is . Dit gaan nie vir altyd daar wees nie..

katerinadiekat ·

Ek ook:-) Dit laat my asem wegslaan. Gee my Smoked Beef en Cheese+ Onion.

Gawie ·

Wat is dit deesdae met die vervaardigers? Doen hulle ooit enige werklike marknavorsing voor hulle sulke besluite neem? Of is hierdie weer ‘n belsuit wat deur Lays in Amerika geneem is en hier net so toegepas word? In Suid Afrika was Sout en Asyn skyfies nog al die jare uiters populêr gewees!
Dis dieselfde wat met Kelloggs Rice Crispies gebeur het – ‘n vanielje-geur word op die mark geplaas en die oorspronklike wenresep summier verwyder. Ná vele klagtes is die oorspronklikes weer terug, met ‘n enorme prysverhoging want hulle moet dit nou invoer.
Dis seker wat Lays ook gaan doen – wag tot genoeg mense kla, en bring dan die Sout en Asyn terug met ‘n hoër prys.

VannieBaai ·

Ag dis maklik………koop net niks meer iets ander van Lay’s nie………..

lollapot ·

Laat my dink aan die Rice Crispies storie! jy kan dit nou weer koop vir R75 per boksie! Mense dink seker maar ons is DOM?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.