Soorte resepte:

Resep: Aarbei-en-framboosjellie

Aarbei-en-framboosjellie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Jy verdien ʼn ou soetigheidjie.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

Jellie

  • 2 k (500 ml) Clover Krush-bessiesap
  • 2 e (30 ml) versiersuiker, gesif
  • 1 e (15 ml) rooswater (opsioneel)
  • 5 t (25 ml) gelatienpoeier

Vrugte

  • 125 g aarbeie, in skyfies gesny
  • 125 g frambose

Metode

  1. Giet 400 ml van die bessiesap in ʼn groot maatbeker en voeg die versiersuiker en rooswater by. Roer goed deur. Giet die oorblywende bessiesap in ʼn klein mikrogolfbakkie en strooi die gelatien oor. Meng die gelatien goed deur en mikrogolf die mengsel vir 20 tot 30 sekondes op 100% krag of tot die gelatien gesmelt het. Roer die gelatienmengsel deur die bessiemengsel.
  2. Deel die vrugte en jelliemengsel gelykop tussen ses 125 ml-dariolevorms of mooi glase. Verkoel vir 4 tot 6 ure of tot gestol.
  3. Bedien in die glase of doop die dariolevorms in warm water om die jellie effens los te maak. Trek die jellie baie versigtig van die vorm se rand af en keer op ʼn opdienbord uit. Sit dadelik voor.

Bron: Gunstelingpoedings
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.