Soorte resepte:

Resep: Dadelblokkies

Dadelblokkies (Foto: Lapa Uitgewers)

Daar sal dadels van jou dieet kom as jy hierdie resep uittoets en jou dan in die allerlekkerste dadelblokkies verlustig. Lewer sowat 24 blokkies

Bestanddele

  • 100 g botter of margarien
  • 125 ml/100 g witsuiker
  • 250 g dadels, fyngesny
  • 50 g rooi glanskersies, gehalveer
  • 25 g pekanneute, gekap
  • 1 groot eier, geklits
  • 5 ml vanieljegeursel
  • ¾ pak/150 g Cream Crackers, in klein stukkies gebreek
  • ±30 ml/10 g fyn klapper

Metode

  1. Verhit die botter of margarien, suiker en dadels saam oor lae hitte totdat dit gesmelt het en die dadels sag en warm is.
  2. Verwyder die dadelmengsel van die stoof en roer die kersies, neute, eier, geursel en beskuitjiestukkies by.
  3. Skep die mengsel in ʼn gesmeerde 26 x 16 cm-koekpan en druk dit stewig vas met die agterkant van ʼn vurk. Strooi die klapper oor. Laat afkoel voordat dit in blokkies gesny word.

Hoe kan ek dit bêre? Die stafies hou ʼn week lank goed in ʼn lugdigte houer op ʼn koel donker plek. Gedurende die warm somermaande is dit raadsaam om die dadelblokkies te verkoel. Dit kan tot drie maande bevries en by kamertemperatuur ontdooi word.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.