ʼn Heerlike groente-soetding!
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- 375 ml (1½ k) water
- 375 ml (1½ k) suiker
- 5 kardemompeule
- 3 kaneelstokkies
- 1 kg patats, geskil en in happiegrootte blokkies gesny
- 125 ml (½ k) klapper
Metode
- Meng die water, suiker, kardemompeule en kaneelstokkies in ʼn Verhit tot kookpunt en prut liggies tot die sous ʼn taaierige stroop vorm.
- Voeg die patats by die stroopmengsel en prut tot sag. Die patats maak self water en dit is nie nodig om nog water by te gooi nie.
- Voeg die klapper by en roer deur. Dien die gestoofde patats op saam met vla.
Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker
Uitgewer: Lapa
Dit klink heel interessant en lekker wil probeer maar weet net nie wat is kardemompeule nie.
Is dit n pudding?
Ek dink die resep is foutief waar dit sê die patats moet in blokkies gesny word. Ek het grootgeword met stowepatats in skywe gesny en die foto toon ook duidelike skywe en nie blokkies nie.
Sonder die klapper is dit ‘n soet toekos by vleis en ander groente.