Soorte resepte:

Resep: Koninklike nagereg

Koninklike nagereg. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bederf jou pa met dié heerlike soetdingetjie dié Vadersdag.

Genoeg vir 6.

Bestanddele

  • 3 ekstra-groot eiers, geskei
  • 1 eier
  • 1 k (60 g) vars broodkrummels
  • ¾ k (95 g) vanieljesponskoek, gekrummel
  • 2 e (30 ml) suiker
  • ½ t (2 ml) vanieljegeursel
  • 2 k (500 ml) Clover volroommelk, warm
  • ¼ k (75 g) frambooskonfyt, gesmelt
  • 2 e (30 ml) strooisuiker

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 170 °C en smeer 6 klein bakkies.
  2. Klits die 3 eiergele en die eier in ‘n mengbak. Voeg die broodkrummels, koekkrummels, suiker en vanieljegeursel by en roer die warm melk by. Laat 15 minute staan.
  3. Skep die mengsel in die bakkies en plaas op ‘n bakplaat.
  4. Bak 15 tot 20 minute tot gestol. Smeer die konfyt oor.
  5. Klits die eierwitte in ‘n skoon mengbak tot stywe punte vorm en voeg die strooisuiker geleidelik by. Hou aan met klits tot dik en blink.
  6. Skep die meringue op die gebakte vla en konfyt, en bak 12 tot I 5 minute tot die meringue gaar en goudkleurig is.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.