Soorte resepte:

Resep: Korslose yskas-melktert

Korslose yskas-melktert (Foto: Versakf)

Hierdie eenvoudige melktertresep is ingestuur deur een van ons getroue Maroela Media-lesers. Stuur vir ons jou resep hier!

Bestanddele

  • 70 ml mielieblom (Maizena)
  • 2 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 4 koppies melk
  • 20 ml botter
  • 1 blik kondensmelk
  • kaneel vir bo-oor

Metode

  1. Meng die mielieblom, eiers, vanieljegeursel en ’n halwe koppie van die melk saam in ’n bak.
  2. Gooi oorblywende 3 koppies melk in ’n pot op matige hitte.
  3. Meng botter en kondensmelk saam. Sodra melk begin skuim maak, voeg eiermengsel by en klits.
  4. Verlaag die hitte ’n bietjie om te keer dat dit brand en hou aan om aanhoudend te klits om klonte te voorkom.
  5. Sodra die mengsel verdik het, gooi dit in ’n groot, vlak glasbak.
  6. Strooi kaneel bo-oor.
  7. Laat die melktert afkoel en plaas dit oornag in die yskas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.