
Pannekoek met ‘n melktertvulsel. Foto: Kos is oppie tafel se Facebookblad.
Basiese pannekoekresep se bestanddele:
- 310 ml koekmeel
- 3 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 60 ml suiker
- 2 eiers
- 300 ml melk
- Kookolie
- Kaneelsuiker
Metode:
- Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg suiker by.
- Voeg die melk bietjie-vir-bietjie by die droë beslag, terwyl dit gemeng word.
- Voeg die eiers by.
- Meng goed en maak seker dat daar geen klonte is nie.
- Laat staan vir 30 minute.
Bestanddele vir die melktertvulsel:
- 1 blikkie kondensmelk
- 3 koppies melk
- ¼ koppie mielieblom
- 2 eiers
- Knypie sout
- 1 teelepel vanilla geursel
- 2 eetlepels botter
- Kaneelsuiker
Metode:
- Bak gewone pannekoeke.
- Voeg die kondensmelk en twee van die drie koppie smelk in ‘n kastrol
- Meng die res van die melk met mielieblom en voeg by die melk in kastrol sodra melk begin warm word.
- Wanneer die beslag begin dik raak voeg die eiers by.
- Hou aan roer.
- Voeg sout, vanilla en botter by.
- Roer goed en laat bietjie staan om verder te verdik.
- Skep lepelsvol van die melktertvulsel in die pannekoek en rol op.
- Strooi kaneelsuiker oor.
Bron:
Willie Strauss is die aanbieder van ASTV se gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel. Besoek die program se Facebookblad vir nog ‘n paar lekker resepte.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Resepte uit bo-staande gehalte. Baie dankie om dit met ons te deel.
Baie dankie vir julle 2 dit was sowaar n treffer pannekoek melktert
Dit lyk baie lekker stuur nog resented aan
Dit lyk baie lekker stuur nog resented aan
Dit lyk heerllik
Kan ek asb op julle e-pos lys gevoeg word om meer resepte te ontvang
Baie dankie.