Soorte resepte:

Resep: Peperment-­yskastert

Peperment­-yskastert (Lapa Uitgewers)

Nooi solank jou bure vir ʼn koppie koffie en tert die naweek – hulle gaan heerlik hieraan smul.

Lewer 12 porsies

Bestanddele

  • 200 g (1 pak) Tennisbeskuitjies
  • 250 ml room
  • 360 g (1 blik) karamelkondensmelk
  • 1 groot Peppermint Crisp-sjokolade

Metode

  1. Pak ʼn laag Tennisbeskuitjies op die bodem van ʼn tertbak.
  2. Klits die room styf en roer die kondensmelk by.
  3. Rasper twee derdes van die sjokolade by die kondensmelkmengsel.
  4. Smeer ʼn dun lagie kondensmelkmengsel op die koekielaag.
  5. Herhaal die lae tot die bestanddele op is. Eindig met ʼn laag kondensmelkmengsel.
  6. Rasper die oorblywende sjokolade bo-oor. Plaas in die yskas tot gestol.

Bron: Lekker & Vinnig: Yskasterte (Uit: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3 deur Marlo Carstens)
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.