Soorte resepte:

Resep: Sjokolade-wieletjies

Sjokolade-wieletjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié lekkerny maak jy sommer in die mikrogolf.
Lewer 16 porsies

Bestanddele

  • 300 g melksjokolade
  • 125 ml room
  • 200 g (1 pakkie) Romany Creams-koekies, fyngekap
  • 100 g (½ pakkie) Eet-Sum-More-koekies, grofgekap
  • 20 heel rooi glanskersies, gehalveer
  • 125 ml fyn klapper
  • 50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap
  • 5 ml Amarula-likeur

Metode

  1. Mikrogolf die sjokolade en room saam teen 70% krag. Roer tot glad.
  2. Voeg die oorblywende bestanddele by, meng en laat staan dit tot effens verdik.
  3. Skep die mengsel op bakpapier, rol op en druk met hande sodat ’n rol vorm. Die rol moet ongeveer 35 cm lank wees.
  4. Plaas in die yskas tot gestol. Trek die bakpapier af en sny in 1 cm skyfies. Hou in die yskas.

Bron: Vinnig en Maklik Resepte uit Vrouekeur 2, Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VannieBaai ·

Sjoe……water my mond nou……. baie dankie vir die heerlike resep

Oujongvrou ·

Dankie vir die ekstra vetrolletjie wat ek gaan bykry????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.