Soorte resepte:

Resep: Sjokoladekolwyntjies

Sjokoladekolwyntjies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie maklike eierlose sjokoladekolwyntjies is presies wat jy nodig het.

Lewer 12 kolwyntjies.

Bestanddele

  • 350 ml (170 g) koekmeelblom
  • 60 ml (25 g) kakaopoeier
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 1,25 ml sout
  • 150 ml (120 g) strooisuiker
  • 100 ml (40 g) hawersemels (oat bran)
  • 75 ml sonneblom- of kanolaolie
  • 20 ml bruinasyn
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 250 ml water

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sif die koekmeel, kakaopoeier, bakpoeier, koeksoda, sout en strooisuiker saam, en roer die hawersemels by.
  3. Klits die olie, asyn, geursel, jogurt en water saam, en roer dit by die droë bestanddele om ʼn sagte deeg te vorm.
  4. Skep dit in 6 of 12 gesmeerde muffinpannetjies en bak dit 20 tot 25 minute lank tot gaar. Laat die kolwyntjies heeltemal afkoel indien jy dit met botterversiersel wil versier.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.