Die vrede op die Uitzicht-wildsplaas is versteur met die opwagting van twee nuwe meisies.
Lees meerAlles vir Donderdag 1 Februarie 2024
Nuwe vlugroete van Kaap tot Kruger
“Besoekers hoef nou nie meer te kies tussen die stedelike sjarme van Kaapstad of die wildernis van die Kruger nie – hulle kan moeiteloos albei geniet.”
Koppe moet rol wat Ekurhuleni-verslag verbloem
“Die burgemeester se stilswye en die speaker se misleidende uitlatings laat dit voorkom of hulle deel is van ʼn toesmeerdery.”
NWU gemaan oor beloning van diskriminasie teen wit werknemers
“Jy kom slegs in aanmerking vir ʼn bonus indien jou afdeling streng aan die onbuigsame voorgeskrewe rassedemografiese kwotas voldoen.”
Dringende optrede geëis ná vuurwapens by polisiestasie verdwyn
“Die voorval laat beduidende vrae ontstaan oor gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, en wek vrese dat dié vuurwapens reeds in sirkulasie is en moontlik reeds vir gewelddadige misdade aangewend word.”
Versoek om rampklassifikasie ná veldbrande in Wes-Kaap
“ʼn Provinsiale rampklassifikasie sal die premier en die minister van finansies in staat stel om finansiering te skuif wanneer en indien dit benodig word om brandbestrydingspogings vol te hou.”
Franse Canal+ wil MulitiChoice oorneem
“Ons is onwrikbaar in ons oortuiging dat MultiChoice ’n blink toekoms kan geniet as deel van ’n gekombineerde groep met Canal+.”
ToekomsVenster: God ken my siel
God ken my siel. Ek deel my siel met Hom. Hy verstaan. Hy verwyt nie. Wys nie vingers nie. Skryf nie af nie. Hy is nie veroordelend, vingerwysend of gewoon ongeskik soos sommige mense nie. Nee, Hy koester my siel.
Toerisme in Wes-Kaap floreer weer
Dit bly maar lekker by die see en ʼn onlangse opname het bevind talle Suid-Afrikaners het verlede jaar verkies om die pad na die Wes-Kaap se strande te vat.
Luister: Niks keer ‘Die Brug’ se Iana
Sy erken dat sy geskok was toe Robert, wat uiteindelik as wenner oor die brug gestap het, besluit het om eerder nie sy wengeld met die res van die deelnemers te deel nie.
Wen: Waaraan laat melktert jóú dink?
Die geur van kaneel, die knus atmosfeer wanneer iemand dit op ʼn reënerige dag vir jou maak … Op 27 Februarie vier ons Nasionale Melktertdag en Maroela Media wil graag ʼn leser met ʼn Melktertmeester-stel bederf.
Stem, stem, stem, pleit Veelpartyhandves by land se jonges
“Jongmense het die meeste om te wen, maar ook die meeste om te verloor in 2024,” aldus die 11 politieke partye wat hulle tot die Veelpartyhandves verbind het in die hoop om die ANC in die komende verkiesing te onttroon.
All Blacks se ‘Razor’ opgewonde oor Bok-toetse
“Die wedstryde teen die Springbokke bied ʼn gulde geleentheid vir ons om meer oor onsself as ʼn span te leer – ons speel immers teen die Wêreldbekerwenners.”
Toelae laat gestremde kinders in steek – studie
Probleme sluip ook in by die toekenning van toelae aan mense wat nie eintlik daarvoor in aanmerking moet kom nie, maar dan voordeel daaruit trek.
Hoërskool Eldoraigne spog met toppresteerders
“Akademie bly ons eerste prioriteit, maar by die Eldo’s kweek ons gebalanseerde leerders, soos bewys deur ons toppresteerders wat op alle terreine ʼn bydrae in ons skool gemaak het.”
Hoe rooier hoe vinniger, hoop Lewis
Die gesaghebbende Sky Sports het vandag berig dat daar ʼn definitiewe vuurtjie onder die gerugterokie brand: Lewis Hamilton kan in 2025 agter die stuur van ʼn Ferrari inskuif.
Sonneblomkind
Kinders is ʼn kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net ʼn klein bydrae tot kinders se lewe om vir hulle ʼn brug te bou na beter omstandighede.
Is dít die dinge wat ons dommer maak?
Daar is waardevolle vaardighede wat verlore gaan weens die vordering wat ons met tegnologie maak, en ons as’t ware bietjie dommer maak. Hier is ‘n paar oplossings.
Drukgroep eis: Geen borgtog vir De Jager
Daar is nie plek vir misdadigers soos Werner de Jager in Suid-Afrika nie, daarom sal Action Society by sy volgende hofverskyning betoog vir sy borgtogaansoek om geweier te word.
Hane moet ‘leer’ om sonder Dupont te speel
Afrigter Fabien Galthié het gedurende ʼn mediasessie gesê dat Frankryk vinnig ʼn brug moet bou oor die leemte wat Antoine Dupont gelaat het.