Wen: Waaraan laat melktert jóú dink?

Foto: Theana Breugem/FAK

Die gedagte aan ʼn tuisgebakte melktert is genoeg om menige Suid-Afrikaner met heimwee te laat terugdink aan gesellige familiekuiers in ouma se kombuis.

Op 27 Februarie vier ons Nasionale Melktertdag en ter viering van dié eg Suid-Afrikaanse soetigheid wil Maroela Media graag ʼn leser met ʼn Melktertmeester-stel uit ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, bederf!

Die geur van kaneel, die knus atmosfeer wanneer iemand dit op ʼn reënerige dag vir jou maak … van skilfer- en krummelkors tot korslose en klein happie-melktertjies bly melktert in al sy vorme een van die beste lekkernye.

Word ʼn melktertmeester

Alles wat jy nodig het om ‘n melktertmeester te word – vir slegs R250-00

Of jy nou vieruur al in die kombuis staan om voor sonsopkoms te bak en bekommerd is daaroor om die veerligte lagies in die deeg te kry en of jy die vinnigste, maklikste resep wil probeer, al wat jy nodig het, is Maroela se Melktertmeester-stel.

Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, ʼn bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in voor te sit.

Vul bloot die vorm hier onder voor 25 Februarie 2024 in om in aanmerking te kom vir die prys. Vertel ons waaraan melktert jóú herinner.

Klik hier vir ʼn paar heerlike melktertresepte om jou gedagtes aan die rol te kry.

Vier Melktertdag saam met Maroela

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Februarie 2024 om 23:45.
  • Die wenner sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die wenner se naam sal op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Maroela Media sal die wenner telefonies en per e-pos kontak. Indien jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie die wenner was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.