Stem, stem, stem, pleit Veelpartyhandves by land se jonges

Verteenwoordigers van die Veelpartyhandves Donderdag by die Johannesburgse stadsaal. (Foto: Verskaf)

“Jongmense het die meeste om te wen, maar ook die meeste om te verloor in 2024,” aldus die 11 politieke partye wat hulle tot die Veelpartyhandves verbind het in die hoop om die ANC in die komende verkiesing te onttroon.

Die partye het daarom Donderdagoggend by die Johannesburgse stadsaal ’n gesamentlike beroep op die land se jonges gedoen om te registreer vir vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesing.

Sowat 4,1 miljoen op die kiesersrol is tussen 20 en 29 jaar oud.

(Grafika: Pieter Cloete/Maroela Media)

Die Veelpartyhandves – bestaande uit die DA, IVP, VF Plus, ACDP, ActionSA, Isanco, UIM, SNP, UCDP en die Ekhethu People’s Party – is bevrees dat die geleentheid hom nie weer in 2029 gaan voordoen om ’n nuwe regering tot stand te bring nie.

​“Dit is onwaarskynlik dat die ANC die reëls van demokrasie sal respekteer wanneer hulle nie meer verseker is om verkiesings te wen nie.

“Die 2024 verkiesing is [dus] die een keer dat die mag in die hande van die mense eerder as in die hande van politici lê. 2024 is die een keer dat gewone Suid-Afrikaners die verandering kan bring wat hulle graag wil sien – rustig by die stembus.00

John Steenhuisen Donderdag aan die woord. (Foto: Verskaf)

“Maar hulle kan net daardie verandering bring indien hulle geregistreer is om te stem. Die toekoms is letterlik in julle hande,” het die lede van die Veelpartyhandves in aanloop tot die laaste registrasienaweek gesê.

Suid-Afrikaners kan hierdie komende naweek (3 en 4 Februarie) by meer as 23 000 registrasiestasies oor die hele land ’n draai gaan maak om te registreer om te stem óf bloot hul besonderhede voor die verkiesing na te gaan.

“Ons doen veral ’n beroep op jongmense om te registreer,” het die Veelpartyhandves vandag gesê. “Hulle kan egter slegs die mag van hul stem gebruik om ’n beter toekoms vir hulself te kies indien hulle geregistreer is.”

Die Veelpartyhandves is oortuig daarvan dat die ANC se steun in die komende verkiesing ver onder 50% sal daal en dat 2024 die nasie se gulde geleentheid is om ’n nuwe regering tot stand te bring en van die huidige regerende party ontslae te raak.

“Die jaar 2024 is sonder twyfel ’n kritieke oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis. Vir die eerste keer sedert 1994 is daar ’n realistiese en geloofwaardige pad na mag vir ’n alternatiewe regering om die ANC te vervang.”

Die partye van die Veelpartyhandves meen hulle is meer as in staat om dit te doen.

Maroela Media het vroeër vandeesweek berig die nasionale kieserslys het in aanloop tot vanjaar se verkiesing vir die eerste keer ooit die 27 miljoen-kerf verbygesteek.

Sowat 6,7 miljoen van kiesers op die kiesersrol val in die ouderdomsgroep van 30 tot 39, gevolg deur 5,9 miljoen in die ouderdomsgroep 40 tot 49. Sowat 4,5 miljoen van geregistreerde kiesers is tans tussen 50 en 59 jaar oud.

(Grafika: Pieter Cloete/Maroela Media)

(Grafika: Elsabe Erasmus/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

George ·

Se jou reeds iets van die stelsel as Limpopo net n ” – ” is. Jokes. Kom mense trek saam en gaan stem! Vir die wat se dit maak nie saak nie, kyk wat het ons verrig in die Kaap. As ons nie gestem het nie, het ons ook soos Mussina gelyk.

Bolandse Nooi ·

“Stem, stem, stem” ………….. Gaan stem julle maar. Ek het laat in ’99 gestem en gesê NOOIT WEER NIE. Enige een wat glo dat die OVK, die regering en verkiesings vry en regverdig in dié land is, sal ook glo aan die Tandemuis, Kersvader, die Man op die Maan, en in Tinkerbell.

Christo ·

Een ding is seker, die DA verdien nie `n stem meer as die ANC nie. Dis reeds `n kompetisie tussen die 2 om te kyk wie is die slegste

Manie ·

Slegs 5 van die Veelpartyhandves het aan die vorige verkiesing deelgeneem met ‘n gesamentlike 27.4% van die totale stemme. Die ander 5 klein partye wat sederdien bygekom het gaan geen wesenlike verskil maak nie. Waar gaan julle ander 23.6% stemme wat julle kort om 51% te behaal vandaan kom? Verduidelik dit aan my en ek mag dalk begin opgewonde raak.

Christian J M ·

Rah rah rah — dit is numeries onmoontlik om die oorhand te kry teen die ANC – 28 miljoen Sassa lede sal seker maak van dit !!!

Frank ·

Christian JM. Die 28 miljoen Sassa lede is beslis nie almal geregistreer en/of sal moeite doen om te gaan stem nie so as jy numeries wil wees kyk eers hoeveel van daai 28 miljoen is geregistreer, sal gaan stem en vir watter party gaan hulle stem want kan netsowel EFF of van die ander partye wees

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou wil ou toppies vir jonges oortuig om vir hulle te stem. Al wat hulle bied is uitgediende beleidrigtings. Jonges se denke het aan beweeg.

Jaco ·

Die IVP het na die laaste munisipale verkiesing in koalisie met die ANC gegaan in ‘n paar munisipaliteite. Dis nou na jare se baklei met die ANC. Ek hoop die ander partye in dié moonshot pact weet dit.

Bostoe ·

Vir die wat nie wil gaan stem nie, moet nooit oor enigiets kla nie. As jy nie die moeite wil doen om eens te probeer ‘n verskil maak nie, waar bly jy? Jy bly stil!
En vir die wat oor die nommers kla, die meeste nie-blankes waarmee ek te doen kry hier in ons geweste wil nie gaan stem nie. Hulle voel die regering het hulle bedrieg en verdien daarom nie ‘n stem nie. Hulle sal eerder die vakansiedag gebruik om te gaan kuier. As daar nou een ding is wat jou plig in ‘n land is waar jy kan stem, dan is dit om te gaan stem.

Aggie ·

Komaan mense gaan stem asb! Dis ső waar, as jy nie gaan stem nie, moet jy nooit weer kla nie. Kyk net wat vermag die Wes-Kaap wat goeie regering het ondanks diegene wat die DA so afkraak!

Martie Smartie ·

Ek hou nie v die DA nie maar gaan sorg dat ek en my kinders van 20 en 21 vir hulle stem. Dis stemme teen die ANC. Dis al wat tel. Die bietjie moeite om stembus toe te gaan is darem net elke 5 jaar.

Wakkerslaper ·

Jammer, maar as ‘n beleidende Christen kan ek eenvoudig nie stem vir ‘n multi-godsdienstige veelparty koalisie wat on-Christelike waardes en daarby ook terrorisme steun en bevorder. 2 KOR 6:16 “Hoe kan ‘n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode”

Mari ·

@Bostoe, julle moes al in 1992 kon gesien het dat ons nooit iets by die stembus sal kan uitrig nie. Hulle getalle en aanwas is net te groot.

Hussin ·

@Wakkerslaap, ongelooflik hoe mens die Bybel kan gebruik vir jou eie doel. Die DA grief my op vele vlakke, maar, dit bly ‘n beter opsie as die ANC. Daar is nie so iets soos ‘n perfekte regering nie, net ‘n “darem beter as die ander een” regering.

Nicky ·

Lyk my van julle hierbo gooi sommer handoek in nog voor julle probeer het, SWAK

Mari ·

Om te gaan stem sal geen verskil maak in die gemors in die land nie.

Surizaru ·

“Om te stem sal geen verskil maak nie”, sê party van julle. Dis soos om te sê die een plastieksak wat ek recycle, sal geen verskil maak nie. Of die 3 liter water wat ek spaar, sal geen verskil maak nie. Of die R1000 per maand wat ek wegsit vir my oudag sal geen verskil maak nie. Asseblief mense, dit KAN ‘n verskil maak, en ons moet minstens PROBEER.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nicky, jy laat my terugdink dink aan die “positiewe” gees van die destydse JA stemmers.

Helena ·

Veelpartyhandves…. Ń Dom vraag…. Gaan jy net 1 kruisie trek by hul of is AL 10 party gelys elke en met sy eie blok? Seker maar 10 blokke?

skurweberg ·

As ek sou vra dat die inwoners van SA volgens hulle gewete die stemmery moet benader is ek bevrees dat 70+% van die inwoners gaan sukkel om die kompleksiteit van so’n versoek te verstaan, want almal het anders groot geword.

Dus: lees en kyk nuus om uit te vind wat die gevolge vir inwoners van ‘n land se mense mans, vrouens, kinders en jongmense is wat nie volgens hulle gewete stem, of nie weet wat ”n gewete is nie, of gedwing is om vir iets of iemand te stem, of voor gelieg is of gebreinspoel is, deur ‘n filosofiesestandpunt van ‘n bepaalde politieke entiteit.

If I were to ask that the residents of SA should approach the voting according to their conscience, I fear that 70+% of the residents will struggle to understand the complexity of such a request, because everyone grew up differently.

So: read and watch the news to find out what the consequences are for residents of a country’s people, men, women, children and young people, who didn”t vote according to their conscience, or do not know what a conscience is, or are forced to vote for something or someone or to have been lied to, or brainwashed by a philosophical standpoint of a particular political entity.

Louis ·

As ons moet stem, terwyl jy dit al die afgelope 26 jaar al doen en hoop op ‘n ander uitkoms as wat daar elke vier jaar na elke verkiesing plaasvind is. Dit klink of ons geen waarde put vanuit Albert Eienstein se definisie van ‘n dwaas nie, nl: ” as jy elke keer dieselfde ding op dieselfde manier doen, maar ‘n ander uitkoms verwag”. Dit klink soos ‘n besigheid wat sink as dit nie vinnig kan aanpas by veranderende omstandighede nie. Nietemin, ek sal gaan stem en sommer myself as ‘n dwaas beskou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.