Franse Canal+ wil MulitiChoice oorneem

MultiChoice se kantore in Randburg. (Foto: Google)

As die Franse uitsaaireus Canal+ sy sin kry, sal dié maatskappy binnekort ook die nuwe eienaar van MultiChoice wees.

Canal+, wat soortgelyk is aan DStv en ook in Afrika bedrywig is, besit reeds meer as 30% aandele in MultiChoice en is die maatskappy se grootste aandeelhouer. Canal+ het Donderdag aangebied om al die oorblywende aandele ook te koop.

In ʼn brief aan MultiChoice se raad het Canal+ bevestig dat dié maatskappy aandeelhouers ʼn kontantbetaling van R105 per gewone MultiChoice-aandeel sal aanbied – dit is sowat 40% meer as Woensdag se sluitingsprys van R75 op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE).

Canal+ se aanbod, wat in dié stadium nie-bindend is, het die aandeleprys Donderdagoggend egter met sowat 28% opgejaag. Teen Donderdagmiddag was dit R93,24 per MultiChoice-aandeel (steeds byna 25% meer as Woensdag).

Indien Canal+ se aanbod aanvaar word, sal die maatskappy meer as R31 miljard moet opdok om die 297 miljoen aandele te koop wat hy nog nie besit nie.

Canal+, wat deur Vivendi besit word, se aankondiging kom twee dae nadat Franse miljardêr Vincent Bolloré’s en eienaar van Vivendi, die ontbondeling van die maatskappy in vier afsonderlike handelsentiteite voorgestel het.

Maxime Saada, voorsitter en uitvoerende hoof van Canal+, het Donderdag in ʼn verklaring gesê vir MultiChoice om voort te gaan om in Afrika te floreer, sal dit ’n strategie vereis wat sy skaal vergroot, sowel as versterkte plaaslike en globale kundigheid.

“Ons potensiële aanbod, indien suksesvol, sal ’n belangrike volgende stap wees vir MultiChoice om sy volle potensiaal te verwesenlik. Saam met Canal+ sal MultiChoice die hulpbronne hê om in skaal, plaaslike Afrika-talent en -verhale, asook topklastegnologie te belê sodat dit in Afrika kan groei en met wêreldwye stromingsmediareuse kan meeding.

“Ons is onwrikbaar in ons oortuiging dat MultiChoice ’n blink toekoms kan geniet as deel van ʼn gekombineerde groep met Canal+.”

Saada sê voorts dit is Canal+ se doel om ’n Afrika-mediamaatskappy op groot skaal te vestig wat “in ’n mededingende internasionale mark kan floreer, sy verbruikers beter kan bedien met ʼn wêreldklas aanbod van sport, plaaslike en globale inhoud, en verseker dat Afrika haar storie op haar eie voorwaardes kan vertel”.

“Die medialandskap waarin MultiChoice bedrywig is, word egter toenemend geglobaliseer en mededingend, met streeksmediamaatskappye wat met die vuurkrag van globale mediareuse moet meeding wat enorme hulpbronne het om in inhoud, bemarking en tegnologie te belê.

“Skaal is die enigste manier om in hierdie omgewing te oorleef en te floreer.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SwartBees ·

Asb koop hulle en maak toe in SA. Multichoice is net skelm in elk geval.

Casper ·

SwartBees,multichoice besit Dstv.Ek geniet my sport,showmax en Netflix.Ek hoop net nie die subskripsie gaan onbekostigbaar wees nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis goed so, solank hulle net voldoen aan BBBEE en AA.

Maggie ·

Ja asb. Dan sal ons verseker al ‘ONS Sport’ op al die Pakette kan kyk…!!!

SwartBees ·

@Casper en George.
1) Die verbruiker word gemelk vir sy geld. Die programme + sport wat die moeite werd is om te kyk vs die aantal stasies justify nie die prys per maand nie.
2) Nee ek weet hulle sal nie koop en toe maak nie. Maar hopelik verander hulle die platform na iets meer verbruiker vriendelik. Bv: Betaal vir wat jy kyk/gebruik.

Selfde met medies – Ons is glad nie van plan om nog kids te hê nie, maar ingesluit in my maandelikse premie is swangerskap, bevaling Dr. besoeke ens ens ens…. ‘n Total rip-off.

vuurvliegie ·

“Waka” doen alles wat DSTV doen en nog meer vir net R160 per maand. Beste sport en movies. DSTV is besig om maandeliks lede te verloor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.