Hoërskool Eldoraigne spog met toppresteerders

Hoërskool Eldoraigne (Foto: Hoërskool Eldoraigne/Facebook)

“Harde werk oor ʼn tydperk van vyf jaar deur die matrikulante van 2023 en die Eldo-personeel, het vrugte afgewerp.”

Só sê Rika Davel, waarnemende akademiese hoof aan die Hoërskool Eldoraigne in Centurion. “Die uitslae is weereens ʼn bewys dat Hoërskool Eldoraigne ten alle tye streef na uitnemende onderrig op alle vlakke én vir alle leerders. Akademie bly ons eerste prioriteit, maar by die Eldo’s kweek ons gebalanseerde leerders, soos bewys deur ons toppresteerders wat op alle terreine in ons skool uitgeblink het.”

Dié hoërskool se klas van 2023 word gelukgewens met ʼn 100%-slaagsyfer.

Die groep matrikulante het 100% tersiêre vrystelling ontvang, met 92,8% universiteitstoelating. Altesaam 75,6% van die leerders het ʼn gemiddeld van 60% of meer behaal, met ʼn 100%-slaagsyfer in onder andere Wiskunde en Fisiese Wetenskappe.

Die skool spog met ʼn vakgemiddeld van meer as 70% in sewe vakke.

Die groep matrikulante kan hulself op die skouer klop met 404 onderskeidings en 865 vakpersentasies bo 70%.

Dave du Plessis, waarnemende hoof, sê hy deel met groot trots in die sukses op harde werk. “Nie net deur ’n span toegewyde en bekwame onderwysers nie, maar veral leerders wat besef dat hulle toekoms in hulle eie hande is. Dankie aan elke Eldo-matrikulant van 2023, dankie aan elke ouer dat julle die skool ondersteun en saam met ons hande vat om ’n beter Suid-Afrika te skep.”

Sy boodskap aan die matrikulante van 2023: “Julle het nog altyd hoë doelwitte nagestreef, hou so aan. Ons as ’n totale skoolgemeenskap is ongelooflik bevoorreg om julle as toekomstige leiers, entrepreneurs en beroepslui in die wêreld te kan instuur. Gaan uit en vervul jóú roeping!”

Die skool hou ʼn opedag vir alle belangstellendes op 16 April 2024. Stuur ʼn e-pos aan Annerie Keulder by [email protected] vir meer inligting hieroor.

Besoek die webwerf: https://www.hseldo.co.za/
Volg die skool op Facebook: https://www.facebook.com/hseldoraigne/
En Instagram: https://www.instagram.com/hs_eldoraigne/

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.