Soorte resepte:

Resep: Steri Stumpie-sjokolademousse

Foto ter illustrasie. (Foto: Klara Avsenik/Unsplash)

Omskep jou doodgewone Steri Stumpie-melkskommel in ’n heerlike sjokolademousse.

Bestanddele

  • 200 g donkersjokolade, gekap
  • 1 koppie sjokolade- Steri Stumpie
  • 1 koppie (100 g) wit malvalekkers, gekap
  • 1 koppie room
  • sjokolade vir garnering
  • mini-malvalekkers vir garnering
  • ½ koppie geklopte room vir garnering

Metode

  1. Verhit die sjokolade, Steri Stumpie en malvalekkers in ’n droë, hittevriendelike bak oor ’n pot kookwater. Meng totdat dit gesmelt is (sowat 10 minute). Verwyder van hitte en laat afkoel tot kamertemperatuur.
  2. Klop die room tot sag en vou deur die sjokolademengsel. Giet dit in glase of bakkies in en plaas in die yskas vir minstens 6 uur of oornag voordat dit bedien word.
  3. Garneer met sjokoladeskaafsels, mini-malvalekkers en geklopte room voordat jy dit bedien.

Bron: Steri Stumpie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.