Soorte resepte:

Resep-video: Malvalekker-en-konfytblokkies

Malvalekker-en-konfytblokkies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Malvalekkers is só veelsydig, dit kan as peuselhappies, in ’n tert of sommer netso oor die kole bedien word.

By Maroela Media is malvalekkers nooit veilig nie, dit moes ’n paar keer vervang word sodat ons die hierdie resep met julle kon deel.

Vervang die konfyt met sjokoladesmeer indien verkies.

Bestanddele

  • ⅓ koppie strooisuiker
  • 1 koppie fyn klapper
  • 1 koppie koekmeel
  • 150 g botter, gesmelt
  • ⅔ koppie aarbeikonfyt
  • 375 g malvalekkers
  • 3 Weet-Bix-blokkies, fyngemaak

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C en spuit ʼn oondpan met kleefwerende kossproei.
  2. Voer die pan met bakpapier uit. Laat die papier oor die twee lang kante hang.
  3. Meng Weet-Bix, suiker, klapper en koekmeel in ‘n groot mengbak. Maak ‘n holte in die middel.
  4. Voeg gesmelte botter by die droë bestanddele en meng tot eweredig.
  5. Gooi die beslag in die voorbereide pan. Gebruik die agterkant van ‘n lepel om dit plat te druk. Bak die kors vir 25-30 minute tot goudbruin.
  6. Terwyl kors nog warm is, smeer die konfyt bo-oor.
  7. Pak die malvalekkers bo-op en sit dit terug in die oond vir sowat 7 min tot net-net sag.
  8. Laat dit afkoel en sny die beslag in die pan in blokkies om voor te sit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.