Hierdie is ʼn lekker idee as jy nie ʼn koek wil bak nie.
Lewer 6- 8 porsies
Bestanddele
- 2 e botter
- ½ pak (sowat 16) malvalekkers
- 2 ½ k Rice Krispies
- 1 blik karamelkondensmelk
- 2 pakkies Smarties
Metode
- Smelt botter en malvalekkers saam tot sag en donsig.
- Meng Rice Krispies by en druk die mengsel in ʼn plat bak of bord vas vir die basis.
- Laat dit afkoel in die yskas en smeer dan karamelkondensmelk op.
- Sprinkel Smarties oor en sny in pizza-skywe.