Verjaar jy tydens inperking? Hier is ʼn vinnige verjaarsdagkoek om die dag mee te vier!
Lewer 1 porsie
- Bestanddele
- 5 e (⅓ k) meel
- 3 e suiker
- ¼ t bakpoeier
- ¼ k melk
- 2 e gesmelte botter
- ½ t vanieljegeursel
- 1 e strooiversiersel (vermicelli) plus ekstra vir bo-op
Metode
- Meng al die bestanddele in volgorde bymekaar in ʼn beker.
- Mikrogolf op hoog vir 90 sekondes. Bedien met ʼn skep roomys of room en ekstra sprinkels bo-op.