Soorte resepte:

Resep: Geroosterde hoenderfilette

Geroosterde hoenderfilette. (Foto: Lapa Uitgewers)

As jy gesond eet dié Januarie, is hierdie resep perfek vir jou.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 4 hoenderborsfilette (± 400 g)
  • 10 ml balsamiese asyn of vars suurlemoensap
  • 10 ml Vital-sojasous
  • 10 ml kanola- of olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, gekap – opsioneel
  • 5 ml gedroogde, gemengde kruie
  • kleefwerende kossproei of olie om die braaipan te smeer
  • Cajun-speserye of speserye na smaak
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Vlek die hoenderborsfilette aan die dik kant en kap dit effens platter tot ʼn meer egalige dikte. Plaas dit op ʼn bord.
  2. Meng die asyn, sojasous en olie, en verf dit oral oor die filette. Geur die filette met knoffel en kruie, en verkoel dit 30 minute lank.
  3. Verhit ʼn braaipan of elektriese roosterplaat tot matige hitte en bespuit dit met kleefwerende kossproei of smeer liggies met olie indien nodig.
  4. Dreineer die filette en rooster dit aan beide kante vir 2 tot 3 minute. Maak seker dat die pan hitte behou sodat die vleis vinnig kan seël en sappigheid behou. Draai die vleis om wanneer die buiterandjies begin verkleur en geur die geroosterde kant na smaak met speserye. Toets vir gaarheid met ʼn tandestokkie. Die vleis is gaar wanneer die vleissappe helder vloei.

Bron: Glutenvry
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.