Soorte resepte:

Resep: Gevulde varktjops

Gevulde varktjops. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie resep sal enige vleisliefhebber se mond laat water.

4‑6 porsies

Bestanddele

Vulsel

  • 125 ml gerasperde Clover Mature‑cheddarkaas
  • 1 sirkel Clover Feta Traditional
  • 5 ml gekoopte basiliepesto
  • 15 ml dennepitte, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • ’n knypie droë tiemie
  • peuselstokkies

Varktjops

  • 6 dik varktjops, sonder been
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • genoeg Clover Farmstyle‑botter

Metode

Vulsel

  1. Meng al die vulselbestanddele saam en hou eenkant.

Varktjops

  1. Sny die varktjops dwars om ’n holte in die middel van die tjop te vorm.
  2. Vul die holtes van die varktjops met die vulsel en steek met ’n peuselstokkie vas.
  3. Geur die varktjops na smaak aan albei kante.
  4. Smelt genoeg botter in ’n swaarboompan en braai die varktjops vir 6 minute aan ’n kant tot goed gaar.
  5. Bedien warm saam met groente.

Bron: Ekonomiese Gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Naomi ·

Hoe water my mond nou gaan definitief vanaand probeer lyk delicious

Miena ·

dit lyk baie lekker. ek dink ek moet dit die naweek probeer. Of in my airfryer of op die braai!! Wat sou jy doen (ja jy die ene wat hier lees)?

Piet ·

Sou dit op die braai verkies maar dink dat jou vulsul dalk kan uitval en deur die rooster glip. Beter en veiliger in die lugbraaier.

Miena ·

Wel dan moet ons maar beide probeer – Vrydag aand in AF en Sondag op die Braai…
maar ja jy het n punt beet – ek het nooit gedink aan die vulsus wat kan uitval nie. Wat van n stukkie foelie aan die onderkant sit of n braai-mat gebruik dan?

VannieBaai ·

Goeie idee met die AIR FRYER. Ek gaan beslis met myne ook probeer, puik idee Miena.

Miena ·

Dit gaan beslis probeer word more-aand – Vrydag – in die AF. Met die mieliepap en cheddar kaaskoekies wat ook vandeesweek hier op was. Ag ek wens tog net ons kon hier fotos plaas van die eindproduk… Maar ek sal maar op fb se AF groep plaas dan!!

Duck ·

ek lees ja, probeer dit sommer in die air fryer EN oppi braai, lyk lekker

Duck ·

Die snitte is nie dwars nie, dis in die lengte “by the looks of it” maar dit lyk ERG lekker, ek gaan dit definitief probeer, dwars of nie dwars nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.