Soorte resepte:

Resep: Oondgebakte sardyngereg

Oondgebakte sardyngereg (Foto: Lapa-uitgewers)

Bedien hierdie visgereg saam met volgraanbrood en ʼn bros groenslaai.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 5 ml kanola- of olyfolie
  • ½ middelslag ui, geskil en gekap
  • 400 g blik sardyne in tamatiesous
  • 50 ml gekapte vars pietersielie
  • 125 g vars broodkrummels (sowat 2-3 snye brood)
  • 3 groot eiers, geskei
  • 250 ml laevetmelk
  • 125 ml fyngerasperde cheddarkaas – hou 25 ml eenkant om oor te strooi
  • paprika om oor te strooi

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 170 °
  2. Verhit die olie en roerbraai die ui tot deurskynend.
  3. Maak die sardyne met die tamatiesous fyn. Voeg die gebraaide ui, pietersielie en broodkrummels by.
  4. Klits die eiergele en melk saam en voeg dit by. Roer die kaas by. Klits die eierwitte styf en wou dit in.
  5. Skep dit in ʼn gesmeerde oondbak en maak gelyk. Strooi die res van die kaas en ʼn bietjie paprika oor.
  6. Bak 35-40 minute totdat die gereg gaar en gestol is.
  7. Bedien dit met volgraanbrood en ʼn bros groenslaai of met vars vrugteskywe op blaarslaai.

Bron: Lekker & gesond: Veselryk deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.