Beskuldigde in veediefstal-saak van miljoene sterf

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Wiltrus Boshoff, ʼn man wat saam met sewe ander van veediefstal in Noordwes aangekla is, het sy eie lewe geneem.

Brig. Sabata Mokgwabone, Noordwes-polisiewoordvoerder, het bevestig ʼn geregtelike doodsondersoek is na Boshoff se dood geopen nadat hy homself Sondagaand glo in die kop geskiet het. ʼn Werker wat Maandagoggend deur ʼn venster gekyk het, het omstreeks 09:30 op Boshoff afgekom en hulp ontbied.

Die polisie is besig met ʼn ondersoek.

ʼn Ingeligte sê dit lyk asof Boshoff se selfdood nie verband hou met die klagte teen hom nie, maar weens ʼn persoonlike kwessie. “Ek dink hy het homself geskiet omdat hy die afgelope ruk emosioneel en finansieel alleen was.”

Boshoff is laat 2022 saam met ses ander beskuldigdes in hegtenis geneem en het op aanklagte van diefstal in die Molope-landdroshof in Mmabatho verskyn. Boshoff het saam met die broers Bert en Simon Wessel, Stephan Wallis, Janine Hill, Ntlhothana Motswabangwe en Rapula Letsapa in die hof verskyn.

Hy was steeds onder huisarres.

Die saak teen die ander beskuldigdes, wat steeds voortgaan, is tot volgende maand uitgestel.

ʼn Boer van Ottoshoop wat gevra het om nie geïdentifiseer te word nie, maar bykans ʼn miljoen rand se veediefstalverliese gely het, sê boere van dié omgewing verloor steeds ontsettend baie vee weens diefstal in die gebied. “Die probleem in die land is hongersnood. Mense ontvang staatstoelae, maar dit is maar min.”

Hy sê boonop is daar ʼn instroming van mense van die buiteland af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Suid Afrika se dankie ou en lig ‘n Bells. Nou hoef die belastingbetalers hulself nie verder met jou te bemooi nie!

Di ·

So jammer vir sy familie maar ongelukkig haal mens se sondes jou wel in.

SjN ·

Nou gaan al die skuld deur die sewe diewe op die oorledene gepak word, watch this space.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die polisie moet die voorval deeglik ondersoek.

Casper ·

Republikein ek glo die omsatandighede en die toneel dui op selfmoord.Ek glo alles het te veel geword vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.