Onteieningswet plaas SA ‘op pad na onomkeerbare armoede’

Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

Besorgde organisasies en groepe teen die omstrede wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het uit hul pad gegaan om soveel moontlik insette daaroor te lewer.

TLU SA is een van die organisasies wat ʼn voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee gedoen het as deel van die openbare deelnameproses oor die voorgestelde wysiging.

Volgens dié landbou-organisasie het die komitee tussen 10 Desember verlede jaar en 28 Februarie vanjaar meer as 250 000 voorleggings in verband met die voorgestelde wysiging ontvang. Die sperdatum vir die aanhoor van mondelinge voorleggings was verlede week.

In sy skriftelike voorlegging het TLU SA aangedui dat hy ook ʼn mondelinge voorlegging wil aanbied.

Hierdie gedeelte van die proses het ook vir omstredenheid gesorg toe die komitee aanvanklik besluit het dat geen mondelinge voorleggings toegelaat gaan word nie. Die besluit is later omgekeer.

Verskeie organisasies, ook TLU SA, moes egter ekstra stappe doen om wel ʼn spreekbeurt te ontvang.

“Ons het met die voorlegging weer klem gelê op die ekonomiese uitwerking van die Onteieningswet – wat eintlik maar net ʼn manier is om private besitreg uit te roei,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

“Die feit dat die komiteelede se vrae oor ons voorlegging glad nie met ekonomiese vooruitgang te doen gehad het nie, bewys net weer dat die besluitnemers in die regering geen idee het hoe ʼn ekonomie behoort te werk sodat dit volhoubaar bly nie.”

In die voorlegging het TLU SA dit duidelik gemaak dat moderne landbou ʼn sakeonderneming is en dat boer nie net ʼn beroep is nie, maar ʼn lewenswyse. Vir die meeste moderne landbouers – wat volhoubaar en suksesvol boer – handel landbou oor die vryemark.

Deur private besitreg deur onteiening sonder vergoeding aan bande te lê word die vrye mark ook bedreig.

“Ons het weer eens beklemtoon dat die land dringend buitelandse beleggings benodig vir die ekonomie om te groei,” sê Geldenhuys.

“Maar beleid soos transformasie, swart ekonomiese bemagtiging en nou onteiening sonder vergoeding druis loodreg daarteen in. Watter regdenkende belegger sal in ʼn land belê waar sy of haar bates bedreig word?

“Die eintlike vraag wat die regering moet beantwoord is nie of ons, Cosatu, of die parlement die wet gaan aanvaar nie, maar of die markte dit gaan aanvaar. Die land is op ʼn pad na onomkeerbare armoede en daarmee saam al die euwels wat dit bring.”

TLU SA het met die voorlegging ʼn beroep op die regering gedoen om aan Suid-Afrikaners te erken dat ʼn beleid van armoede vir almal dit baie makliker maak vir kaders om hulle sakke ten koste van die land vol te stop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Jis die TLU is darem slim hoor, wie sou nou kon raai die ekonomie is by die agter deur uit voor daai wet se ink droog is.
Wat vreemd is, is dat niemand blyk agter te kom wat die plan is met die wet nie, en dat niemand dit kon voorsien nie. Daar is al in 2000 hard en duidelik verkondig “ons is marxistiese kommunistiese vryheidsvegters”.

Fritz ·

Slegs 31% het al so vroeg as 1992 geweet wat kom. Helaas te min om n verskil te kon maak.

Boerkind ·

Hierdie swart ANC regering sal nie stop voordat daar geheel niks oor is nie en dan sal hulle steeds die blaam aan die witte se deur kom spyker… Die grootste probleem is die buite beheer aanwas – waar moet die hulpbronne vandaan kom? Hou op name verander…. verander jul denke en gesindheid!

Wakkerslaper ·

Dankie vir al julle moeite, maar ek is bevrees ons kan insette lewer en protes aanteken tot ons blou word. Dink julle regtig hierdie kommunistiese terroriste beweging gaan hulle enigsens daaraan steur? Die tyd het uiteindelik ryp geword om hulle aanvanklike doelwitte te bereik – die afvat van grond, eiendom en besighede en die vernietiging van die Boer. En die res van die wêreld gaan net mooi niks voel, want hulle is nou veels te besig met hulle eie probleme. Ons moes dalk maar ophou met praatjies maak met die terroriste en konferensies en werksgroepies hou en eerder lankal ‘n Volksberaad afgekondig het wat ten doel het om leiers te kies, onsself te organiseer en voor te berei op wat voorlê… maar heelaas.

God help ons! Hoe is ons volk OOIT verraai om met terroriste onderhandel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.