Pasmaak oplossings vir swamdruk

Grysblaarskade op ‘n mielieblaar teen dag 19. (Foto: Verskaf)

Swamsiektes vernietig die blaarweefsel van gewasse en verminder die gesonde blaaroppervlak wat nodig is om energie vir die plant te produseer. Indien hierdie siektes onbehandeld gelaat word, kan opbrengspotensiaal van landerye verminder, wat op sy beurt die boer se beleggingsrisiko verhoog.

Dikwels word swamdoders eers toegedien nadat die siekte die eerste keer opgemerk word, of die drumpelvlak van infeksie in die landery bereik is. Dit is derhalwe belangrik om jou belegging teen swamsiektes te beskerm deur voorkomende maatreëls toe te pas en sodoende moontlike remediërende optrede te vermy.

In Suid-Afrika wissel siektedruk in belangrike rygewasse aansienlik, van uitsonderlike hoë druk in sekere gebiede waar drie tot vier toedienings per seisoen nodig mag wees, tot gebiede waar boere selde ʼn swamdoder hoef te spuit. Dit is dus belangrik om die regte swamdoder – om die nodige resultaat te behaal, te kies – en gelukkig bied BASF toppresterende swamdoders om aan jou behoeftes te voldoen.

Priaxor® is die jongste nuutskepping van BASF vir mielieswamdoders en spog met die buitengewone eienskappe van Xemium® en die beproefde aktiewe bestanddeel F500®, wat uitstaande beheer teen blaarsiektes by mielies soos grysblaarvlek (Cercospora zeaemaydis), noordelike blaarskroei (Exserohilum turcicum) en roes (Puccinia sorghi) vir verhoogde gewasgesondheid bied. Danksy die AgCelence®-effek – die handelsnaam wat aan alle produkte binne die BASF-stal wat bogemiddeld presteer in terme van plantgroeidoeltreffenheid en stresverdraagsaamheid – is Priaxor® ongetwyfeld die nuwe standaard in siektebeheer in mielies. Boonop bied die beproefde “Stick & Stay”-formule uitstekende klouvermoë in reëntoestande, terwyl die unieke sistemiese en translaminêre verspreiding en mobiliteit ʼn wydverspreide beskerming van bestaande en nuwe blare verseker.

 

Net omdat jy nie grysblaarskade kan sien nie, beteken dit nie dat dit nie daar is nie! Soms is dit reeds te laat wanneer jy die skade by jou gewasse opmerk, soos hierdie mikroskopiese beelde van ʼn mielieblaar besmet met grysblaarvlek bewys. Hoewel skade eers teen ongeveer dag 15 vanaf besmetting gesien kan word, het die siekte reeds verwoesting aan die binnekant van die blaar gesaai. (Foto: Verskaf)

 

Abacus® Advance, ook ʼn AgCelence®-produk vir mielies en sojabone, lewer uitstekende voorkomende beheer van belangrike mielie- en sojaboonsiektes danksy hoë vlakke van F500® (pyraclostrobin) en epoksikonasool, om jou gewasse te beskerm en verhoogde opbrengste te verseker.

Die kragtige sinergistiese werking van F500® en epoksikonasool in Opera® verskaf uitstekende beheer van roes, noordelike blaarskroei en grysblaarvlek by mielies; asook roes by sojabone. Dit is ideaal vir boere wat ʼn medium- tot lae vlak van siekte-infeksies ervaar en is geregistreerd vir beide grond- en lugtoediening.

BASF se “brandbestryder”, Duett® Star, is geskik vir voorkomende en kuratiewe beheer van verskeie mieliesiektes. Dit is natuurlik belangrik om te onthou dat blaarweefselskade weens swaminfeksies permanent is en hoewel Duett® Star verdere infeksie kan keer, kan dit nie bestaande skade omkeer nie.

Vir uitstekende beheer van Alternaria spp. by sonneblom is Bellis® Active – wat ook die AgCelence®-uitwerking bied – ʼn staatmaker vir boere. Dit is ook vir die beheer van roes by sojabone geregistreer.

 

Priaxor®-opbrengs teenoor die bedryfstandaard (t/ha) en gemiddelde opbrengs oor 12 datapunte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.