Die perfekte tapyt vir elke vertrek

Rugs Original

Met 35 jaar se ervaring kan Rugs Original beslis beskryf word as die leier in die mark wanneer jy op soek is na die perfekte tapyt vir jou huis. Rugs Original is landswyd beskikbaar en het meer as 14 takke oor Suid-Afrika heen. Sy ten volle geïntegreerde aanlyn winkel bied ook ʼn omvattende verskeidenheid van ontwerpe op een sentrale plek.

Rugs Original is ʼn prominente en bekende lid van die binnenshuise ontwerp-gemeenskap in Suid-Afrika en verskaf ʼn uitgesoekte versameling vloerbedekking met ʼn rits verskillende ontwerpe, teksture en spesialisvervaardigers aan groothandelaars en kleinhandelaars.

Die mees unieke kenmerk van die maatskappy is waarskynlik dat dit nie saak maak wat jou styl is of watter vorm jou vertrek is nie – die reeks het iets vir almal. As jy aan tapyte dink, moenie net in reghoeke of vierkante dink nie – Rugs Original bied soveel meer!

Besoek die aanlyn winkel en spaar tot 70% op hul uitverkoping.

Lopers 

Of dit nou vir die ingang van jou huis, kombuis, gang of kantoor is, Rugs Original het meer as 10 verskillende reekse wat ʼn verskeidenheid lopers bied. Van donkerblou lineêre ontwerpe tot meer ingewikkelde Persiese of Oosterse reekse en selfs blom-ontwerpe. Daar is veelvuldige opsies om ʼn ingang te omskep in ʼn plek waar enigiemand welkom sal voel, of om sommer net ʼn bietjie kreatiewe flair in jou vertrek by te voeg.

Moenie vergeet van die kinders nie! Die Kids Original-handelsmerk bied helderkleurige ontwerpe waarop kinders interaktief kan speel. Daar is selfs ʼn klippie-hink (“hopscotch”)-ontwerp! Dié reeks matte skep ʼn lewendige gebied en kombineer opvoeding en spel.

Ronde matte 

Meeste vertrekke in die huis en kantoor het vierkantige oppervlaktes, en banke, koffietafels en stoele is gewoonlik ook vierkantig. Wees kreatief met ʼn paar ronde matte om die ontwerp te versag en ʼn meer holistiese ontwerp-element te verseker. 

Rugs Original bied ʼn rits ronde matte wat die dimensies van enige vertrek kan verander. Van luukse langhaarmatte vir vertrekke met min verkeer, tot sagter, korthaarmatte wat uitstekend kan werk vir vertrekke met hoë verkeer. Die beste van alles: sommige van die reekse kan in ʼn masjien gewas word en dit bied dus ekstra funksionaliteit.

Kinderkamers

ʼn Nuwe toevoeging tot die Rugs Original-stal, is Kids Original, wat ʼn verskeidenheid vrolike en helderkleurige ontwerpe bied om kinderkamers in vriendelike, prettige ruimtes te omskep. Dié matte is ontwerp vir ʼn rits behoeftes, byvoorbeeld dat mens maar daarop kan mors, dat dit vaskleef en dat dit omkeerbaar is. Daar is boonop ook ultrasagte opsies beskikbaar.

Dié matte omskep enige kinderkamer in ʼn gemaklike, prettige en gerieflike ruimte wat aan die behoeftes van enige speeltyd voldoen.

Of dit nou vir ʼn babakamer, ʼn kind se kamer, of selfs die slaapkamer van ʼn tiener of ampertiener is, Rugs Original en Kids Original se versamelings kan soomloos integreer om aan jou die beste opsie te bied vir enige vertrek in enige huis.

Matte vir buite 

Die Rugs Original Outdoor-reeks bied ʼn verskeidenheid kleure en ontwerpe – van eenvoudig en stylvol tot moderne matte wat enige patio en ander buitenshuise ruimtes sal verfraai en versier.

Rugs Original besef tot watter mate Suid-Afrikaners graag buite onthaal en kliënte kan moeiteloos ʼn opelug ruimte versier net soos enige ander vertrek en ʼn unieke stempel afdruk met dié duursame, wasbare matte.

Talle van die matte in die Rugs Original-stal is geskik vir buitenshuise gebruik, omdat hulle skimmelweerstandig is en behandel is vir UV-beskerming. Jy kan dus jou buitenshuise ruimtes werklik transformeer.

Wanneer jy matte buite gebruik, bind jy die hele ruimte saam en skep ʼn omgewing waar almal welkom voel.

Die beste van alles is dat jy nie eens die gemak van jou eie huis hoef te verlaat as jy op soek is na die perfekte mat by Rugs Original nie. Die maatskappy verstaan die behoefte aan e-handel en in 2015 het Rugs Original die oorgang gemaak om ʼn balans te vind tussen tradisionele handelsruimtes en ʼn aanlyn oplossing. Dit beteken minder tradisionele winkels en groter kliëntetevredenheid. ʼn Kombinasie van albei skep ʼn soomlose, ten volle geïntegreerde oplossing vir die maatskappy en bied aan kliënte die beste keuses vir hul voorkeur.

Rugs Original hef boonop nie enige verskepingskostes op enige items wat nie geskik is vir aflewering nie. In dié geval word ʼn volledige terugbetaling gedoen. Die maatskappy hef ook nie verskepingskoste vir enige aankope bo R2 500 nie.

Die webwerf het direkte kontakbesonderhede vir kliëntediens en ʼn WhatsApp-nommer waar kliënte se navrae vinnig en doeltreffend opgelos kan word.

Besoek die aanlyn winkel nou en spaar tot 70% op hul verkoping.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.