Hou vas, GR-beker jaag dié naweek PE toe

(Foto: Verskaf)

Die 13 renmotors wat deelneem aan Toyota se GR-beker sal dié naweek pad vat na die Aldo Scribante-renbaan in Gqeberha en die ses jonges in hul GR-Yaris-renmotortjies se kampioenskap is goed aan die gang.

Ons ses motorjoernaliste sal dié week vir Anand Pather in die sewende GR-86 welkom heet.

Anand is die visepresident van naverkopediens by Toyota. Die 86-kampioenskap word gelei deur Setshaba Mashigo met 33 punte, gevolg deur Mark Jones in die tweede plek met 26 punte.

Chad Lückhoff rond die topdrie af met 19 punte.

Dennis Droppa sit in die vierde plek met 14 punte ten spyte van die feit dat hy die eerste wedren misgeloop het. Reuben is net voor my op 12 punte en ek dek die agterhoede op 11 punte.

(Foto: Verskaf)

Nie een van ons het enorme ervaring op Aldo Scribante nie en almal sal dus gretig wees om soveel punte as moontlik in te oes. Die weer in PE is maar trietsig, maar Saterdag se weer beloof om sonnig en warm te wees.

Die klasse wat dié naweek op Aldo Scribante jaag as deel van die National Extreme Festival is:

  • Global Touring Cars
  • SuperCup
  • G&H Transport Extreme SuperCars
  • Mobil1 V8 SuperCars
  • CompCare Polo Cup
  • Sunbet ZA10 Masters Cup
  • Gazoo Racing SA Cup
  • Investchem F1600

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by https://showwave.co.za/online/amsc of by die hek. Kaartjies kos R50 vir Vrydag 16 Junie en vir kinders jonger 12 is toegang gratis. Saterdag kos ʼn kaartjie R100 en kinders jonger as 12 kry ook gratis toegang.

  • Diegene wat dit nie kan bywoon nie kan gerus die regstreekse aksie hier kyk.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.