Luister: kykNET Buite Expo bied iets vir elke sak en smaak

Die kykNET Buite Ekspo word vanjaar weer in sy volle glorie aangebied. (Foto: Verskaf)

Kampeertyd is dikwels gelyk aan kwaliteit tyd, hetsy met familie of vriende.

Daarom is die organiseerders van die kykNET Buite Ekspo uiters opgewonde om vanjaar weer dié unieke geleentheid vir alle kamp- en natuurliefhebbers in sy volle glorie aan te bied.

Of jy nou op soek is na jou eerste intreevlak eenmantent of wil opgradeer na ʼn luukse woonwa, die kykNET Buite Ekspo bied iets vir elke sak en smaak. Die geleentheid vind juis in ʼn veilige plaasatmosfeer plaas en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik deur die koper gebruik sal word.

Die ekspo word vanjaar van 25 tot 27 Maart op die Môreson-plaas net buite Malmesbury in die Wes-Kaap aangebied. Marius Opperman, organiseerder van dié geleentheid, het met Maroela Media gesels oor die opwindende en propvol program waarna ekspo-besoekers kan uitsien.

Wen

Drie gelukkige gesinne (van vier lede elk) staan die kans om dagbesoekerskaartjies vir die kykNET Buite Ekspo te wen. Die kompetisie sluit 17 Maart om middernag en die wenners sal op 18 Maart aangekondig en per e-pos in kennis gestel word.

Bepalings en voorwaardes:

  • Deelnemers word lukraak as wenners aangewys.
  • Die prys sluit slegs toegang tot die ekspo in, wenners is vir hul eie reis- en verblyfskoste verantwoordelik.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
  • Die pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Maroela Media mag met deelnemers kontak maak vir vrywillige ondersteuning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Dit is moeilik om kommentaar te lewer as ek net die eerste berig op die lys van berigte kan oopmaak.

RS ·

Ek kan nie wag nie. Sien baie uit om te gaan. Tel die dae al! :)!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.