
Skermskoot uit die video
Dit is gewoonlik ʼn groot probleem in die winter wanneer mens graag iewers heen wil ry, maar jy kan glad nie uit jou motor se ruite sien nie – want dit is toegewasem!
Die volgende twee video’s bied vir jou baie handige wenke wat om te doen om dié probleem te vermy. ChrisFix eksperimenteer met ʼn winkelproduk, skeerjel, babasjampoe, ʼn aartappel en handreiniger. Hy wys vir jou watter een van hierdie produkte die maklikste is en die doeltreffendste werk.
DaveHax toor in sy video met kristalletjies wat jy in ʼn katbak sou gebruik en dan dit bloot in ʼn paar sokkies druk om die vog in die motor te absorbeer.
Laat weet ons gerus indien jy enige van dié tegnieke probeer het en dit gewerk het!
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Goeie more – ek weet nie of ek hier kan raad vra nie maar ek sukkel elke keer om goed soos nuus wat op facebook wys oop te maak – as ek op die link druk gaan net gedeeltes oop daars n ronde groen dingetjje wat in die ronte hardloop en vat n ewigheid om klaar te kry voordat ek. Ietsie kan lees – doen ek ietsie verkeerd – of mag ek nie julle goed lees nie – groot asb help tog