Gee jou kind ʼn hupstoot tot sukses met Opvoedpret

Opvoedpret is ʼn opwindende aanlyn platform waar waardevolle boodskappe en aktiwiteite ure se vermaak verskaf.

Kleuters en peuters leer en verstaan waardevolle inligting makliker deur middel van stories. Kinders kan hulself vereenselwig met karakters en leef hulle só in die karakters se omstandighede in, dat hul nie sommer daarvan vergeet nie. Hoeveel nog te meer wanneer dit van Suid-Afrika se gunstelingkinderkarakters is!

Wanneer ouers die opvoedkundige geleentheid het om iets belangrik oor te dra wat reeds bespreek is, is dit lekker om die kind aan die storie te herinner en dit wat ʼn karakter in ʼn soortgelyke situasie gedoen het.

Opvoedpret bied opvoeding op ʼn prettige manier in die vorm van episodes deur karakters soos Lollos & Lettie, Buster & Bella, Klikkerland en meer, tesame met weeklikse aktiwiteite vir die verdere vaslegging van lesse. Kinders tussen die ouderdomme van twee en nege jaar oud sal baat vind by die Opvoedpret-program, na gelang van die volwassenheid van elke kind. Alhoewel nie alle tweejariges die boodskappe dadelik sal verstaan nie, is die programme steeds visueel aantreklik, hou dit hulle besig en los die boodskap tog sy merk in hul onderbewussyn.

Wat kan jou kind leer deur Opvoedpret?

Emosionele intelligensie
Kinders word gebombardeer met gevoelens en emosies wat hulle nie altyd verstaan nie. Ons leer kinders hoe om hulle emosies te identifiseer, uit te druk en te hanteer.

Sosiale vaardighede
Sosiale vaardighede word as sleutelvoorspellers uitgelig vir beter uitkomste in volwassenheid en is net so belangrik soos kognitiewe vaardighede. Kinders leer meer oor kommunikasie, goeie gewoontes en maniere, entrepreneurskap, veiligheid, higiëne, vriendskappe en meer.

Algemene kennis
Inhoud word gebaseer op CAPS-temas. Kinders leer oulike en interessante feite oor ʼn verskeidenheid temas onder andere diere, geld, seisoene, sintuie, Suid-Afrika en meer.

Bonus vir ouers
Opvoedpret vat hande met gesogte kenners in die bedryf om ouers op te voed oor kinderontwikkeling en te help om hul kinders beter te verstaan. Dit sluit werkswinkels en praatjies in wat aangebied word deur, onder andere, Lynette Beer en Antoinette Steyn van EQ4Kids, Arette Burger, spelterapeut en eienaar van Buster en Bella asook ander kundiges. Hulle gesels oor kindertemperamente, intelligensie-tipes, ouerskap-uitdagings, boelies en ander belangrike onderwerpe.

Hoe werk dit?

Ontvang al dié inhoud teen R150 per maand. Teken in op ʼn outomatiese maandelikse debietorder wat jy enige tyd kan kanselleer. Sodra jou betaling gemaak is, word jou inskrywing bevestig.

Let op: Jy benodig ʼn internetverbinding om toegang tot die inhoud te kry.

Joleen Coetzee, eienaar van Opvoedpret, sê die webwerf en produkte is baie gebruikersvriendelik. “Alhoewel dit ʼn subskripsieproduk is met ʼn maandelikse debietorder, is dit steeds maand-tot-maand in die sin dat ouers enige tyd die inskrywing kan kanselleer sonder kansellasiefooie. Intekenaars het ook volle beheer oor hul profiel en kan dit binne ʼn paar sekondes sommer self doen.”

Jy verloor ook nie inhoud wanneer ʼn nuwe maand aanbreek nie. Solank as wat jy ‘n intekenaar is, het jy toegang tot al jou inhoud en episodes en kinders kan dit soveel keer kyk as wat hulle wil.

Karakters en kundiges word afgewissel oor verskillende maande en temas. Juniemaand se tema is “emosies”. Die kleurvolle Klikkerlanders dra ʼn magdom ernstige boodskappe eenvoudig oor deur saam te lag, te dans, te sing en te speel! Juniemaand se kundiges is Antoinette Steyn en Lynette Beer, die trotste ontwikkelaars en eienaars van EQ4Kids, ʼn welbekende emosionele ontwikkelingsprogram vir kinders.

Juliemaand word “Boelie” as onderwerp hanteer, saam met Buster, Bella en Arette Burger. Ander opkomende temas wat ouers en onderwysers se lewens makliker sal maak, is verantwoordelikhede en gevolge; die belangrikheid van spaar en entrepreneurskap; goeie gewoontes en maniere; goeie karakter, vriende en waardes; persoonlike ruimte, veiligheid, higiëne en vele meer.

Buiten ʼn minimum van twee oulike kinder-episodes per maand, is daar ook praktiese  aktiwiteite vir die verdere vaslegging van die lesse, verskeie uitdagings vir kinders en insette deur gevestigde kundiges in die bedryf. Opvoedpret het ryk, opvoedkundige wortels en hou ʼn groot verskeidenheid voordele vir jou kind in.

Opvoedpret se doel is nie om skool te vervang nie, maar eerder om waarde toe te voeg in lewensbelangrike areas wat dikwels afgeskeep word, maar wat tog, gebaseer op navorsing, belangriker kan wees vir toekomstige sukses as IK. Onderwyser, ouer en kind sal baat hierby.

Klik hier om die webwerf te besoek
Klik hier om aan te sluit
Klik hier om die Facebook-blad te besoek
Vir meer inligting kontak Opvoedpret per e-pos by [email protected] of skakel 082 410 7682.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.