BorderX-karavane: Jou volgende avontuur begin hier

(Foto verskaf deur BorderX-karavane)

As ʼn mens aan Sakeliga KragDag dink, dan is dit gewoonlik energie/krag, water, veiligheid, opvoedkundige uitstallings, ens. Hierdie jaar is daar egter ʼn nuwe toevoeging: BorderX-karavane het besluit om ook deel te neem aan dié opwindende skou.

BorderX is ʼn veldkaravaan-maatskappy wat in September 2019 die mark betree en vinnig naam gemaak het onder die kampgemeenskap.

As jy met die eienaar, Werner Pretorius, praat, vertel hy van hul avonture in Suider-Afrika. Juis op een van hul toere het die gesin van vier hul karavaan afgeskryf, en aangesien beide hy en sy vrou, Desna, ingenieurs is, het hulle besluit om hul eie karavaan te bou volgens hul unieke behoeftes.

Hulle sê hulle hou nie van “werk” as hulle kamp nie, en aangesien hulle hou van toer, wat baie keer net een aand se oorslaap behels, moes daar geen “uitvou/uittrek” beddens wees in hul ontwerp nie. Die woonwa moes ook moeilike terrein oorleef, maar nog steeds luuksheid bied. En dit is presies wat jy kry as jy deesdae een van dié karavane koop.

Die karavane word van 3CR12 vlekvrye staal gemaak, met ‘n onafhanklike veerstelsel. Die romp bestaan hoofsaaklik uit sintetiese heuningkorfpanele, wat lig en isolerend is.

BorderX meen ʼn mens moet nie afskeep op bande nie, en sit van die begin af R17 Hankook-bande op (of volgens die kliënt se eie voorkeur). Soos hulle sê, hul bande is duurder as meeste ander karavaanvervaardigers, maar dit gee ʼn mens die opsie om die bande te ruil met die sleepvoertuig as dit die dag nodig is.

Daar is twee karavaan-modelle in hul reeks:

  • BorderX Expedition het ʼn dubbel-as en kan wissel van ʼn 2- tot 6-slaper (almal stop-en-slaap-gereed). Dit kan ʼn volledige badkamer met groot stort (900 mm x 800 mm) en afsonderlike kassette toilet insluit tot en met ʼn 5-slaper. Die ontwerp is geoptimaliseer met hope stoorspasie. Die mees gesogte variasie in die uitleg is ʼn 2-slaper met ʼn groot eetgedeelte (selfs meeste Suid-Afrikaanse mans pas met gemak daarin!) en ‘n volledige badkamer. Dieselfde eetgedeelte kan in ʼn derde bed omskep word, en daar is selfs ʼn opsie om ʼn vierde bed by te voeg bo die eetgedeelte.
  • BorderX Extreme is ʼn enkel-as karavaan wat in ʼn standaard motorhuis pas. Dit het dieselfde koningsgrootte bed as in die Expedition, met hope pakplek. ʼn Kliënt kan kies om ʼn “porta potty” onder die bed te stoor of ekstra laaie in te sit. Die karavaan het ʼn baie lekker opsionele buite-stort vir kamp in die bos.

Die nuutste toevoeging tot die reeks is ʼn sleepwa wat onlangs beskikbaar gestel is: die BorderX Overlander, gemik op die beginner kampeerder. Hulle wou graag ʼn bekostigbare produk vir die mark skep. Die sleepwa is uitsluitlik bedoel om bagasie te vervoer, met geen ekstra kostes nie. Die idee is dat die sleepwa mettertyd (of dadelik) uitgebou kan word tot ʼn volledige kompakte verblyf op wiele wat jou amper na enige bestemming kan neem, volgens jou eie behoeftes.

Vir meer inligting:
Facebook-blad: https://www.facebook.com/BorderXCaravan
Webblad: www.borderx.co.za
E-pos: [email protected]

  • Besoek ons uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11 tot 13 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.