Tien dae in Turkye – loop in die voetspore van die apostels

(Foto verskaf deur Die MOS)

Namate die sukses van hul 2022 en 2023 Bybelse toere, is MOS-toere, trots deel van Die MOS-Inisiatief, vanjaar terug met ʼn splinternuwe geleentheid om die Woord soos nooit vantevore te beleef nie.

Loop in die apostels se voetspore en besoek die sewe gemeentes van Openbaring in Turkye. Boonop gaan fondse wat deur dié toere ingesamel word aan die MOS-beursfonds wat gehalte Afrikaanse onderrig vir minder bevoorregte leerders moontlik maak.

Wie is die MOS-Inisiatief en waarom hierdie toere? 

Die MOS-Inisiatief staan vir Moedertaalonderrig in Onafhanklike Skole. Buiten die maatskappy se doelwit om gehalte Afrikaanse onderrig te verseker en uit te bou, streef Die MOS ook om hul kernwaardes insluitend toekomsgerigtheid en lewenslange leer na. Hierdie toere vorm deel van hul lewenslange leerbeginsel en dra noodsaaklike fondse tot die MOS-beursfonds toe. Sedert hul stigting in 2019 spog Die MOS met nege fisiese skole en een aanlyn tuisskool.

Kitsfeite oor die toer

Datum: 24 Oktober – 2 November 2024 (opsionele verlenging tot 5 November 2024)
Koste: Vanaf R33 800 (vlugte ingesluit)
Sperdatum vir besprekings en betaling: 30 April 2024
Wie: Enigiemand welkom
Toerleier: Ds. Chris de Beer

(Foto verskaf deur Die MOS)

Die toerplan, kortliks, is as volg:

24 Oktober: Reis vanaf O.R. Tambo na Turkye. Oornag aan boord.
25 Oktober: Istanbul. Verken die omgewing en besoek die Groot Basaar.
26 Oktober: Blou Moskee en Hagia Sophia. Topkapi- en Dolmabache-paleis.
27 Oktober: Bosporus-ryk, boottoer, Suleymaniye-moskee en Chora-kerk.
28 Oktober: Artemis-tempel en Gimnasium van Sardis. Antieke Efese, insluitend Celsus-biblioteek en Artemis-tempel.

29 Oktober: Antieke Pergamon en Akropolis, altaar van Zeus en Pergamon-biblioteek.
30 Oktober: Sardi-gimnasium en Artemis-tempel. Oorblyfsels van Filadelfia.
31 Oktober: Laodisea se ruïnes insluitend antieke teater en stadsmure. Kolosse en Hiërapolis insluitend warmwaterbronne en terrasse.
1 November: Terug na Istanbul vir vlug na Johannesburg
2 November: Arriveer terug by O.R. Tambo

Ingesluit by die toer 

  • Ekonomiese retoervlugte, insluitend lughawebelasting en brandstofheffing.
  • Lughawe/hotel-retoer oorplasings soos per program.
  • Ontbyt daagliks.
  • Gemaklike, netjiese akkommodasie.
  • Engelssprekende toergidse en luukse toerbusse.
  • Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program.
  • Fooitjies aan toergidse en busbestuurders.

Klik hier vir die volledige toerplan en verdere besonderhede.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.