Handwerk: Visskooltjie uit polimeerklei

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif)

Maak hierdie oulike vissies deur basiese vorms uit polimeerklei te sny en dit dan met gekleurde patroontjies te versier.

Die projek se moeilikheidsgraad is gemiddeld en jy kan so ʼn skool vissies in ʼn dag klaarmaak, na gelang van die detail wat jy gebruik.

Wenke:

Jy kan die vissies as sleutelhouers gebruik deur ʼn stukkie tou deur die ogie te steek en die sleutel daaraan vas te maak.

Wanneer jy die klei koop, druk daaraan en voel of dit effens meegee onder jou vingerpunte. Die klei is geneig om te verhard as dit oud raak, dan gaan dit moeilik wees om daarmee te werk.

Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se Januarie/Februarie 2021-uitgawe verskyn.

Vul die vorm hier onder in om die projek in jou e-posbus te ontvang:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.