“Nou het ons ‘n lewende hoop op die onverganklike… erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.”
Die opstanding van Jesus Christus uit die dood het die “nuwe lewe” en hierdie wonderlike hoop op die hemel as erfenis vir ons moontlik gemaak. Die hemel is ons erfporsie! Nou sê Petrus: Verheug julle hieroor… en wees daarom in julle lewenswandel heilig! (Lees 1 Petrus 1-2)
Met vergunning van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek hulle webtuiste hier.