“‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput.” (Spreuke 17)
Christene moet kan lag, humor hê, positief wees. Dit hou die gees en liggaam gesond. Neerslagtigheid en negatiwiteit dreineer jou energie en maak jou moeg. Leef vandag met ‘n glimlag.
Met vergunning van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek hulle webtuiste hier.